Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

TWEELING

21 MEI – 20 JUN As Tweeling is jy dalk geneig om in jou kop te leef, met denkproses­se wat jou lewe reël. Al is jy gewoonlik rasioneel, kan kwade gedagtes jou lewe nou versuur. Dis ’n verbygaand­e fase, maar gedagtes is kragtig en kan langdurige gevolge hê. Probeer jou verstand besig hou deur ’n interessan­te boek te lees, ’n boeiende onderwerp te bestudeer of iets te skryf. GELUKKIGE NOMMERS 52, 47, 18, 22, 13, 32

KREEF

21 JUN – 21 JUL As jy nou wil hê jou behoeftes moet vervul word, wil jy jou dalk tot jou vriende wend. Of jy iets van die hart af wil kry, hulp met ’n projek kort of ’n skouer soek om op te huil, ’n vriend kan jou steunpilaa­r wees. Behoeftig of nie, dis ’n goeie tyd om uit te gaan en gehaltetyd saam met jou vriende deur te bring. Hul geselskap is belangrik, selfs vir ’n gesinsvast­e Kreef. GELUKKIGE NOMMERS 51, 8, 45, 11, 20, 17

LEEU

22 JUL – 22 AUG Met dié dat die son nou in jou beroepshor­oskoop tuisgaan, haal alles uit wat die bevorderin­g van jou beroep betref. Dit is dus ’n week om pret en speletjies opsy te skuif en jou op jou profession­ele doelwitte toe te spits. Harde werk en toewyding behoort vrugte af te werp. As jy ’n loopbaanpa­d probeer vestig, die suksesleer wil uitklim of ’n doelwit bereik, is dit die moeite werd om jou in te span. GELUKKIGE NOMMERS 33, 35, 50, 23, 14, 6

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Dit kan ’n moeilike week wees, veral as jy ’n ordelike Maagd is wat daarvan hou dat jou sake agtermekaa­r is. Dit is dalk mense pleks van omstandigh­ede wat ’n stok in die wiel steek. Dit kan ’n misverstan­d tussen jou en jou maat wees wat jou van stryk bring, of ’n baas wat vaag is oor ’n spertyd. Nietemin, dit lyk asof verwarring heers – gelukkig net tydelik. GELUKKIGE NOMMERS 19, 37, 52, 50, 24, 31

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Dit kan ’n inspannend­e week wees, veral vir ’n vredeliewe­nde Weegskaal wat konflik verpes en wil hê almal moet gelukkig wees. As geskille tussen familielie­de jou van stryk bring, onverwagte veranderin­gs die balans versteur of misverstan­de jou liefdeslew­e bederf, wag ’n uitdagende tyd op jou. Gaan fliek, doen inkopies of kuier om jou ewewig te herstel. GELUKKIGE NOMMERS 39, 41, 36, 12, 46, 49 S S

S SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Die soeklig val nou op alle soorte verhouding­s. Dis ’n goeie tyd om ou griewe te laat vaar en bande te versterk – by die werk en in jou persoonlik­e lewe. Dit is ’n geskikte tyd om profession­ele bande te smee wat op lang termyn winsgewend en suksesvol kan wees. Aangesien die liefde ook blom, reël ’n romantiese naweek weg. GELUKKIGE NOMMERS 1, 20, 31, 28, 43, 10

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES As jy ’n tipiese Boogskutte­r is, kan dit moeilik wees om te weet wanneer genoeg regtig genoeg is – ’n kenmerk wat verwoestin­g kan saai in jou geldsake en gesondheid. Met dié dat die klem nou op jou welstand val, gee aandag aan jou leefwyse. Leer matigheid voor oë hou en werk ’n geskikte eet-en-oefenplan uit met genoeg rustyd daarby ingereken. GELUKKIGE NOMMERS 42, 26, 51, 34, 13, 29

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Jy is pragmaties en ’n realis, maar span ’n slag jou verbeeldin­g in. Die tyd is geleë om kreatiewe talente te ontwikkel; skryf dus in vir kunsklasse, waag jou hand aan pottebakke­ry of leer houtsneewe­rk doen. Al is dit dalk vir eers net ’n skeppende tydverdryf waarmee jy kan ontspan, kan ’n stokperdji­e in ’n ernstige, winsgewend­e ondernemin­g ontwikkel. GELUKKIGE NOMMERS 3, 32, 39, 4, 44, 27

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Dié week is jou hart waar jou huis is. Of jy nou vriende wil oornooi vir ’n makietie of verkies om alleen te ontspan, jy sal waarskynli­k tuis op jou gelukkigst­e wees. Dit is ook ’n goeie week vir instandhou­dingstake in en om jou woonplek. Jy wil dalk die binnenshui­se versiering opknap. As jy nie self handig is nie, kan jy altyd kenners kry om jou te help. GELUKKIGE NOMMERS 14, 15, 51, 38, 45, 50

VISSE

19 FEB – 20 MAR As jy ’n tipiese Vis is, neig jy dalk om ’n dromer te wees, ’n kenmerk wat tans versterk word, ten goede of ten kwade. Al is dit ’n week waarin jy jou verbeeldin­g kan inspan vir kreatiewe aktiwiteit­e soos musiek, poësie en kuns, kan daar ook slaggate wees. Idealiseri­ng in jou liefdeslew­e kan jou hart breek en geldskemas kan jou platsak laat. Hou jou oë wawyd oop. GELUKKIGE NOMMERS 40, 48, 5, 29, 30, 22

RAM

21 MRT – 19 APR As ’n Ram is jy dalk vinnig uit die wegspringb­lokke en altyd reg vir aksie. Aangesien dit ’n week is waarin rusteloosh­eid ongewenste veranderin­gs kan meebring, is dit raadsaam om oorhaastig­e gedrag te temper. Die strewe na nuwe ervarings kan sterk wees, maar jy kan tot ongelukke geneig wees. Vermy dus waaghalsig­e aktiwiteit­e. GELUKKIGE NOMMERS 27, 17, 9, 21, 7, 1

 ??  ?? Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.
Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa