Huisgenoot

‘KITSKOS NIE ALTYD GEMORSKOS’

– GERHARD EN ALVIN

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

VETKOEK en tjoklits. Dis heel te verstane dat ’ n mens aan dié lekkernye sal dink wanneer daar sprake is van die akteur Alvin Bruinders en sy sangervrie­nd Gerhard Steyn. TV-kykers het Alvin im immers leer ken as die veiligheid­swag Sheridan in VetkoekVet­koek paleis, en Gerhard se naam is sinoniem met sy treffer Baby Tjoklits.

En sowaar, die twee is selfs groter lekkerbekk­e as wat jy dalk gedink het.

In hul nuwe program op VIA, Kitskos vir Konings, snuffel die twee aanbieders die lekkerste smulplekke in Gauteng uit: die grootste, die lekkerste, die olierigste, die vetterigst­e en die karaktervo­lste kitskosple­kke, sê Alvin.

Kykers kan sien hoe hulle op hul soektog na koningskit­skos die strate van die noorde aandurf en uiteenlope­nde eet- en kuierplekk­e opsoek: alles van hamburgers tot ’n spitgebraa­ide speenvark, Mexikaanse kos en gerookte beesbors saam met geroosterd­e geroosterd­emalva malvalekke­rs.

Maar hoe nou? Van wanneer af is kitskos dan koningskos?

Hokaai nou, skerm die aanbieders gemoedelik. Mense verstaan die begrip “kitskos” heeltemal verkeerd; dit verwys nie altyd na “gemorskos” nie, sê hulle.

“Kitskos is enigiets wat jy koop of bestel wat vooraf gaargemaak is en in ’n kits voorgesit word pleks dat jy self ’n uur of drie voor die stoof moet staan,” verduideli­k Gerhard. “Selfs daardie ete wat jy in ’n restaurant bestel, is kitskos, want die aartappels­kyfies, groente en slaai word vooraf berei sodat jy jou bestelling in ’n kits kan kry.”

Ons lewe in ’n kitssamele­wing, gesels Alvin verder. “Alles is so gejaag. Mense het nie meer tyd om saans kos te maak nie; daarom is kitskos so gewild.”

Of ’n mens is eenvoudig te lui, erken Gerhard met ’n laggie.

Proe-proe op hul ontdekking­sreis het hulle op interessan­te geregte afgekom. Die vreemdste was die reusagtige Mike Tyson-burger. Dit bestaan uit onder meer vyf 200 g-vleiskoeki­es, 400 g spek en 400 g kaas, voorgesit saam met aartappels­kyfies en 2 L bier. En hoe het dit gesmaak? Heerlik, verklap hulle hier in Wildebeest, Gerhard se musiekkuie­rplek in Boksburg, waar ons vandag saam met hom en Alvin kuier.

En ja, erken Gerhard en vryf vrolik oor sy maag: “Ná elke episode is ons ’n bietjie groter.”

Hulle sê mos elke otjie kry sy potjie, laat Alvin hoor.

Hulle het vier weke lank verfilm en 26 eetplekke besoek. Alvin sê hy dink nie hy het tydens die verfilming gewig aangesit weens die lekker geëet nie, want hy het aandetes uitgesny. “Jy is mos in elk geval nie lus om ná al die proeëry nog by die huis ook te eet nie!”

Hy is deesdae meer bewus van sy gewig, “en nou klap ek elke oggend die gim. Ek wil gesonder leef sodat ek nie so skuldig voel wanneer ek ’n kitskossie vat nie.”

Gerhard voel asof hy “met elke episode ’n kilogram aangesit het”, skerts hy. “Gelukkig het ek ’n groot liggaamsbo­u wat die ekstra kilo’s wegsteek, maar ek ry nou ernstig fiets om gewig af te skud.”

HOE het die twee manne sulke dik pelle geword? Hulle het mekaar sowat 15 jaar gelede “op pad” ontmoet, vertel Gerhard. “Maar dit voel soos gister. Ek en Li Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoekpal­eis) was op ’n musiektoer musiekto in die een rigting en Alvin in die teenoorges­telde rigt rigting. g

Toe ontmoet ons mekaar langs die pad om toerusting of iets uit te ruil.”

“Ons het mekaar sommer dadelik gelike,” vat Alvin die storie verder. “Daarna het ons mekaar op kunstefees­te raakgeloop, vir stukkies kitskos genooi en met ’n paar nagmaalwyn­e ingehaal.”

Kort voor lank het hulle ook oor en weer begin kuier. Hierdie kuiertjies verg fyn beplanning, want hulle woon nie juis om die draai van mekaar nie.

Alvin en sy vrou, Anrika, woon aan die Wes-Rand en Gerhard en sy vrou, Zelri, aan die Oos-Rand. Daarby het albei manne ’n vol program, want nie net is hulle vermaakkun­stenaars nie; elkeen is ook ’n gesoute sakeman.

Alvin se maatskappy, Sound Headquarte­rs, voorsien klank- en beligtings­toerusting vir feeste en konserte landwyd.

Gerhard se Wildebeest sit naweke volgepak met tot 1 000 mense wat na verskillen­de kunstenaar­s en musiekgroe­pe kom luister en iets te ete en drinke soek.

Ja, hulle kuier regtig nie genoeg nie, vertel Gerhard en frons. “Seker maar so een keer per maand.”

“Maar wanneer ons vastrap, dan staan die tyd stil,” sê Alvin. Dan gooi hulle gewoonlik ’n vleisie op die kole, al sê hy van vleisbraai verstaan hy net mooi niks. “Ek steek die vuur aan, dan vat die boerseun oor,” beduie hy in Gerhard se rigting.

Klein soos sy is, is Gerhard en Zelri se tweejarige dogtertjie, Zardi, al lief vir vleisbraai. Wanneer sy sien haar pa steek die vuur aan, sê sy altyd: “Pappa braai tjoppie.”

En wat van kitskos? Gerhard het nie ’n bepaalde voorkeur nie, maar wanneer hy die aand kitskos huis toe neem, is dit gereeld pizza. Dan sê Zardi: “Hmm, lekker pizza!’’ vertel die trotse pa.

Alvin se babaseun, Avrick, eet op 14 maande nog nie juis vaste kos nie. Koop hy kitskos, is dit “die helfte van die tyd soesji”, vertel Alvin.

“Wanneer ek mamma (soos hy na Anrika verwys) bel en sê ek het soesji gekoop en sy moet solank ’n witwyntjie in die yskas sit, dan weet sy pappa het vanaand planne!” skerts hy.

Met twee grapjasse voor die kameras wemel hul reeks van snaakse voorvalle. Een van die snaaksstes was vir Gerhard toe hulle elkeen ’n rolkoek in die restau- rant De Molen op Edenvale moes maak. Die restaurant­personeel het dit daarna beoordeel.

“Gerhard s’n was die mooiste,” onthou Alvin en kry ’n hartseer trek op sy gesig.

As “straf ” moes Alvin toe soos ’n Nederlands­e vroutjie aantrek, kompleet met ’n blonde pruik en blou rok. “Ek het verloor, en soos ’n man – of vrou – my straf gevat.”

SEKER die grootste uitdaging vir Gerhard was om in lawaaierig­e plekke, soos op straat of in ’n restaurant, te verfilm met lede van die publiek wat heeltyd om hom is. As sanger en TV-aanbieder is hy daaraan gewoond om in ateljees te werk waar die klank beheer word, vertel hy.

Gelukkig is die kosbedryf nie vir hom ’n vreemde omgewing nie. Voor hy hom as vermaakkun­stenaar gevestig het, het hy in talle restaurant­e gewerk, dikwels ook as bestuurder.

“Ek het al alles in ’n restaurant gedoen,” vertel hy. “Dit het in my hoërskoolj­are begin toe ek naweke in restaurant­e as skottelgoe­dwasser en pakker gewerk het.

“Ek het ook al as kok gewerk. Ek dink dit is daardie agtergrond wat die reeks vir my so spesiaal maak.”

Dan voeg hy by: “Ons wil kykers leer om in ’n eetplek om hulle te kyk na die detail, soos die dekor, en iets van die plek en die eienaar se geskiedeni­s uit te vind. Dit is wat uiteet ’n unieke ervaring maak.”

Die tweede seisoen is reeds beplan en word van einde Mei af verfilm.

Alvin glimlag tevrede. “Dan gaan ons weer lekker eet!” vertel hy opgewonde. “Daar skuil mos ’n varkie in elkeen van ons.”

Kitskos vir Konings word elke Vrydag om 20: 30 op VIA ( DStvkanaal 147) uitgesaai.

 ??  ?? HOOFFOTO: Gerhard Steyn en Alvin Bruinders bied Kitskos vir Konings op VIA aan.
HOOFFOTO: Gerhard Steyn en Alvin Bruinders bied Kitskos vir Konings op VIA aan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Skermgrepe uit die reeks. Die twee aanbieders het baie pret in die eetplekke wat hulle besoek, vertel hulle. LINKS ONDER: Hulle is al sowat 15 jaar vriende.
BO: Skermgrepe uit die reeks. Die twee aanbieders het baie pret in die eetplekke wat hulle besoek, vertel hulle. LINKS ONDER: Hulle is al sowat 15 jaar vriende.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa