Huisgenoot

Local Is Lekker

-

Die rooitapyt by Wonderlus se première in Johannesbu­rg het op 18 April behoorlik van jong sterre geskitter. Die rolverdeli­ng van dié rolprent, oor ’n Hoëveldse troue wat skeefoop, loop oor van vars gesigte wat die Afrikaanse vermaakbed­ryf aan die gons het.

Lea Vivier, wat in die fiek haar debuut op die silwersker­m maak, was “opgewonde maar ook senuagtig” oor die groot aand. Haar rol as ’n kelnerin wat onwillekeu­rig by ’n deurmekaar­spul van gebeure betrokke raak, het haar op verlede jaar se kykNET Silwersker­mfees in Kaapstad die prys vir beste aktrise besorg.

Die jong ster, wat nou in die kykNET-komedie Mense Mense speel, was in haar oorlede ouma Trix se broekpak en ousus Trix Vivier, ook ’n bekende aktrise, se geel tossel-oorbelle uitgevat.

Simoné Nortmann, wat in ’n skelpienkr­ok deur Suné Snyman geklee was, en Mila Guy, in ’n groen fuweelpak, het saam-saam vir die kameras op die rooitapyt geglimlag. Die twee aktrises is in die regte lewe woonstelma­ats. In die rolprent vertolk Simoné die rol van Lindie, “die kwaai een”, terwyl Mila die volwasse bruid speel.

Edwin van der Walt vertolk die rol van die bruidegom wat sy bruid moet agternasit. Gelukkig is sy liefdeslew­e weg van die kameras sonder dié soort drama. Edwin en Ansu Visser, die vrou in sy lewe, het mekaar ontmoet toe Wonderlus verlede jaar verfilm is. Ansu vertolk die rol van ’n naïewe romantikus.

Die verloofde paartjie Donnalee Roberts en Ivan Botha het ook na die rolprent gaan kyk. Donnalee het klassiek gelyk in ’n rokkie “wat sommer in my kas was” en skoene van Zara.

Ander bekendes by die première was Bobby van Jaarsveld (Lea se mede-akteur in die kykNET-komedie Mense Mense), Stiaan Smith (wat Ruan “die moedelose een” speel), Binnelande­rs se Ramey Short en Getroud met Rugby se Christel van den Bergh, Werner Coetser, Altus Theart en Zetske van Pletzen.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Lea en Bobby van Jaarsveld lyk heel anders as in Mense Mense. LINKS ONDER: Die Binnelande­rsakteurs Je-Ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys saam op die rooitapyt. ONDER: Die Wonderlus-sterre Ansu Visser, Edwin van der Walt en Lea is nie skaam vir...
BO: Lea en Bobby van Jaarsveld lyk heel anders as in Mense Mense. LINKS ONDER: Die Binnelande­rsakteurs Je-Ani Swiegelaar en Germandt Geldenhuys saam op die rooitapyt. ONDER: Die Wonderlus-sterre Ansu Visser, Edwin van der Walt en Lea is nie skaam vir...
 ??  ?? LINKS: Die Getroud met Rugby-sterre Melissa Willering (links) en Kate Roothman lyk spoggerig op die rooitapyt. REGS: Die akteur Stiaan Smith en Johan Cronje, Wonderlus se regisseur en skrywer. NAASREGS: Tyd vir ’n selfie: Mila Guy, Lea Vivier en Simoné...
LINKS: Die Getroud met Rugby-sterre Melissa Willering (links) en Kate Roothman lyk spoggerig op die rooitapyt. REGS: Die akteur Stiaan Smith en Johan Cronje, Wonderlus se regisseur en skrywer. NAASREGS: Tyd vir ’n selfie: Mila Guy, Lea Vivier en Simoné...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa