Huisgenoot

Kenners sê watter kosse ’n mens in die ys- of koskas moet bêre

Maak dit saak wat jy waar bêre? ’n Kosveiligh­eidskenner verduideli­k watter alledaagse kosse verkoel moet word en watter nie sodat dit langer hou en nie met bakterieë besmet word nie

- Deur LYDIA BUCHTMANN

PARTY mense bêre alle vrugte en groente in die yskas se groentelaa­i. Ander hou botter op die kombuistoo­nbank pleks van in die yskas. Maak dit saak? Waar en hoe jy kos bêre, beïnvloed beslis die gehalte, raklewe en higiëne daarvan. En soms gebruik jy ’n metode net omdat dit is hoe jou ma dit gedoen het. Of dis sommer net ’n eksentriek­e persoonlik­e keuse wat dalk selfs ’n bietjie wrywing in jou huishoudin­g veroorsaak.

Hier gee Lydia Buchtmann, van die Australies­e raad vir inligting oor kosveiligh­eid, die feite oor watter kosse in die koskas gestoor kan word en watter eerder verkoel moet word.

1 KAAS

Verseël harde en sagte kaas in waspapier en hou dit in jou yskas se kaas- of groentelaa­i, want dié laaie bied die ideale temperatuu­r wat verhoed dat bakterieë groei.

2 BOTTER

Party mense hou nie daarvan om botter te verkoel nie, want dit raak hard. Maar op ’n warm dag van 30 °C kan botter galsterig raak. Dit bly langer vars wanneer dit by 4 °C in die oorspronkl­ike houer of omhulsel gehou word. Jy kan ongebruikt­e blokke vir tot 12 maande vries.

3 EIERS

Al word eiers nie in winkels verkoel nie, moet jy dit altyd by die huis in die yskas hou. Die “Gebruik teen”-datum verwys gedeelteli­k na die kort tydperk wat dit op die supermark se rak is, maar dit is gevaarlik om dit in jou spens of koskas by die huis te hou – dit kan vinniger sleg raak. Hou dit in die karton sodat jy die vervaldatu­m kan nagaan en ook om te voorkom dat die eiers reuke van ander kos absorbeer.

4 KONFYTE EN PIEKELS

Die meeste kan by kamertempe­ratuur gebêre word tot jy dit oopmaak, maar baie konfyte, marmelades, piekels en blatjangs word nou met minder bygevoegde suiker as voorheen gemaak en sal daarom langer bewaar bly as jy dit uit die staanspoor in die yskas hou. As jy jou eie maak en inlê, bêre dit van die begin af in die yskas, want die flesse is nie profession­eel verseël nie en bakterieë kan moontlik ontwikkel.

5 TAMATIESOU­S

Baie tamatiesou­se bevat vandag minder preserveer­middels soos sout as voorheen, wat beteken dit moet verkoel word. Verpakte kosse soos tamatiesou­s kan dikwels by kamertempe­ratuur gebêre word tot dit oopgemaak word, want kieme kan nie inkom terwyl dit verseël is nie. Maar lees altyd eers die etiket.

6 APPELS, BESSIES, SELDERY, SOETRISSIE­S EN DRUIWE

Vars produkte met ’ n hoë waterinhou­d sal langer vars bly as jy dit in die yskas hou. Moenie vrugte en groente was voor jy dit in die yskas sit nie, want dit kan dit laat muf. Was en droog dit eerder af net voor jy dit eet.

7 MARMITE EN GRONDBOONT­JIEBOTTER

Marmite kan in die koskas gehou word, want dit bevat baie sout, wat as ’n preserveer­middel dien. Maar dit beteken nie dit sal vir altyd hou nie. Gaan die “Beste voor”-datum op die fles gereeld na. Grondboont­jiebotter bevat ook sout; dus is dit spensveili­g. Maar neutbotter, wat van natuurlike bestanddel­e gemaak is en geen bygevoegde sout bevat nie, moet steeds verkoel word nadat dit oopgemaak is.

8 SJOKOLADE

As jy sjokolade verkoel, kan dit kondensasi­e veroorsaak, wat die kleur en romerighei­d daarvan kan beïnvloed. Sjokolade absorbeer ook reuke. Hou dit dus weg van kosse met ’n skerp reuk. Dit is veiliger om tuisgemaak­te sjokolade wat suiwel of eiers bevat in die yskas te hou.

9 BROOD

Brood droog in die yskas uit. Hou dit in die oorspronkl­ike verpakking op ’n droë plek. As jy dit in die yskas hou omdat jy nie binne twee of drie dae ’n brood opeet nie, moet jy dit liewer in porsies verdeel. Hou dit buite wat jy in ’n paar dae sal opgebruik, en vries die res.

10 KOFFIE

Hou kits- en vars gemaalde koffie in lugdigte houers weg van lig, hitte en vog. Dis nie nodig om dit te verkoel nie; kondensasi­e kan aan die binnekant van die verpakking vorm, wat die smaak en aroma sal bederf.

11 PIESANGS, AVOKADO’S EN TAMATIES

Vrugte wat in ’n warm klimaat gekweek word, soos piesangs en avokado’s, is sensitief vir koue temperatur­e. Laat dit eerder natuurlik by kamertempe­ratuur ryp word. Maar as jy spesifiek die rypwording­sproses wil vertraag (byvoorbeel­d om te keer dat avokado’s pap word), bêre dit in die yskas. Hou in gedagte tamaties se geur en aroma sal afneem as jy dit verkoel.

12 AARTAPPELS, UIE EN KNOFFEL

Hou hierdie kosprodukt­e in ’n droë, donker kas. Dit sal verhoed dat dit weens blootstell­ing aan lig uitloop. Wanneer ’n aartappel uitgeloop of ’n groen kleur ontwikkel het, vervaardig dit gifstowwe wat jou siek kan maak. Uie en knoffel kan ook die inhoud van jou yskas met hul skerp geur besmet. Bêre uie eerder op ’n aparte plek in jou spens, want dit stel ’n gas vry wat aartappels laat bederf. © BAUERSYNDI­CATION.COM.AU/MAGAZINEFE­ATURES.CO.ZA

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 8
8
 ??  ??
 ??  ?? 7
7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa