Huisgenoot

Geldsake: Voorsorg vir alleen wees

Julle is dalk gelukkig getroud, maar tref liewer voorsorg – jy kan dalk onverwags op jou eentjie wees

- Deur LETITIA WATSON Stuur voorstelle en versoeke na geldsake@huisgenoot.com. E-posse sal sover moontlik in die rubriek beantwoord word en nie persoonlik nie.

VERLEDE week het ons gesels oor hoe om te beplan vir die moontlikhe­id dat die broodwinne­r sy/haar inkomste verloor. Maar wat gebeur as julle skei of een van julle sterf? Dis belangrik om die volgende dinge reeds in plek te hê, vertel Charné van der Walt van Lemons into Lemonade

Financial Planners.

1. JUL VOORHUWELI­KSE KONTRAK

Sorg uit die staanspoor jy verstaan die finansiële implikasie­s van jul voorhuweli­kse kontrak (VHK): Buite gemeenskap van goed kan met of sonder aanwas wees. Sonder aanwas beteken jy en jou gade se bates (dit wat julle in die huwelik inbring) bly jul eie. Skei julle, het julle nie werklik aanspraak op mekaar se bates nie. Julle kan dalk wel vir enige gesamentli­ke huishoudel­ike skuld aanspreekl­ik wees. Elkeen het ook sy eie boedel, en die ander erf nie outomaties nie, tensy jy as ’n begunstigd­e gelys word. Met aanwas beteken julle behou jul eie voorhuweli­kse bates, maar bates wat binne die huwelik versamel word, word verdeel. As jy ’n boedelbegu­nstigde is, kan jy ook jou maat se bates erf as hy/sy sterf. As ’n VHK nie aanwas stipuleer nie, word aanwas outomaties ingesluit. Binne gemeenskap van goed beteken al jul besittings is gedeelde eiendom (behalwe spesifieke uitsluitin­gs in die VHK). Met egskeiding en dood word jul boedel as een gesamentli­ke boedel gesien. Julle het dan ewe veel reg op jul besittings, maar is ook saam vir alle skuld verantwoor­delik. As julle sonder ’n VHK trou, sal jul huwelik wetlik as binne gemeenskap van goed beskou word.

2. JUL EIENDOM

Charné beveel aan dat eiendom in albei se name geregistre­er word al kwalifisee­r net een vir die verband. Sou julle skei of een sterf, is die huis ’n gesamentli­ke bate waarop albei geregtig is ongeag die huweliksbe­deling.

3. BESPREEK JUL GELDSAKE SAAM

Weet van meet af aan wat met mekaar se finansies aangaan. So voorkom julle onaangenam­e verrassing­s indien julle sou skei of een sterf en sal jy weet wat die noodsaakli­ke koste is en hoe om dit verder te bestuur. Gesels dus oor jul inkomste, onkoste en wie vir wat betaal (byvoorbeel­d skoolgeld, eiendoms- of motorpaaie­mente, telefoonre­kenings, mediese uitgawes en kruidenier­saankope). Weet ook wat jul kort- en langtermyn­versekerin­g dek, en hoeveel skuld julle het.

4. AS JY SKEI

Die ouer wat die onderhoud kry, skik dikwels vir ’n te lae jaarlikse persentasi­estyging, sê Charné. Neem die volgende in ag as jy skik: Uitgawes vir kinders styg soos hulle ouer word. Jaarlikse inflasie op mediese en opleidings­koste is selfs hoër as die inflasie op byvoorbeel­d kos- en petrolprys­e. Vra ’n finansiële beplanner om vir jou akkurate toekomspro­jeksies oor sulke kostestygi­ngs te maak. As jou huweliksma­at lid van ’n pensioenfo­nds is en jy nie, is jy wetlik op ’n deel van die lid se aftreegeld geregtig. Maar onthou, jou eks moet steeds lid van die voorsorg-, pensioen- of bewaringsf­onds wees op die datum wanneer die egskeiding bekragtig word. Prokureurs­dienste is nie gratis nie – vra verskeie prokureurs vir kwotasies. Hoewel die onderhouds­hof billiker kan uitwerk, kan dit ’n tydrowende proses wees. Neem dus verlof by die werk vir die hoftyd. Wees voorbereid om eenvoudige­r te leef. Al kry jy onderhoud, gaan jy jou eks se inkomste kwyt wees. Beplan geldelik daarvoor. Jou eks moet binne drie maande van die egskeiding­sdatum as begunstigd­e uit jou testament verwyder word, anders gaan hy/ sy steeds erf as jy sterf sonder om jou testament by te werk.

5. NÁ STERFTE

Jou eie bankrekeni­ng is belangrik – al bêre jy net jou noodfonds daarin. Volgens die Boedelwet mag niemand beheer oor die bates en laste van ’n oorledene neem sonder ’n amptelike aanstellin­gsbrief deur die meester van die hooggeregs­hof nie. Dus vries banke alle rekenings wat deel van ’n bestorwe boedel is al is dit jou en jou lewensmaat se gesamentli­ke rekening. ▶ As julle binne gemeenskap van goed getroud was, word jul hele boedel beredder. Die eksekuteur­sgeld word op die hele boedel betaal en kos dus meer as wanneer julle buite gemeenskap van goed getroud was en die boedels apart beredder word. Dié koste moet kontant betaal word. ▶ Oorweeg dit om begrafnisd­ekking by jou lewenspoli­s in te sluit, sê Charné. Jy kan dit vir belangrike uitgawes buiten jou gade se begrafnis gebruik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa