Huisgenoot

Watter ster het dieselfde smaak as jy?

Voltooi dié vraelys om te bepaal wie dieselfde smaak as jy het

- Deur EDNA ELLMAN

1 Sonder watter modebykoms­tigheid kan jy nie leef nie?

(a) ’n Byderwetse pet. (b) Bonkige juweliersw­are wat aandag trek. (c) Jou gunsteling­oorbelle of ’n hangertjie. (d) ’n Verskillen­de handsak vir elke uitrusting.

2 Wie sou jou beroemde BFF wees?

(a) Cara Delevingne. (b) Willow Smith. (c) Millie Bobby Brown. (d) Sofia Carson.

3 As jy vir die res van jou lewe net een kleur mag dra, wat sal dit wees?

(a) Swart. (b) Geel. (c) Pers. (d) Pienk.

4 Watter soort rok sal jy op ’n romantiese afspraak dra?

(a) Rok? Jy’s laf. Beslis jeans en tekkies. (b) Iets aweregs en helderkleu­rigs. (c) ’n Prettige ballerinas­tyl-rok. (d) Iets sags en vrouliks.

5 Wat sou jy skool toe dra as jou skool nie ’n skoolunifo­rm gehad het nie?

(a) Jeans, ’n T-hemp, tekkies en ’n pet. (b) ’n Minirompie en Doc Martens. (c) ’n Jogabroek en ’n oorgroot toppie met een oop skouer. (d) Blomrokke en sandale.

6 Beskryf jou tipiese voorkoms naweke.

(a) Jeans of ’n kortbroek, T-hemp en plakkies. (b) ’n Ouskoolse Adidas-sweetpak. (c) Spanbroek, oorgroot T-hemp en plat skoene. (d) ’n Rok en denimbaadj­ie.

7 Watter skoene in jou kas is al voos gedra?

(a) Tekkies. (b) Ouskoolse wighakskoe­ne. (c) Wit tekkies. (d) Katjiehaks­koene. 8 Volg jy modeneigin­gs slaafs na?

(a) Nee dankie! Ek volg my eie kop. (b) Ek hou van die jongste modes en van klere van toeka – dus krap ek graag in my ma en my ouma se klerekas. (c) Ek volg modes, maar sal nie iets dra wat nie in my smaak val nie. (d) Absoluut!

9 Wat sou jy alles met R5 000 vir jou klerekas koop?

(a) Ontwerpers­jeans en -tekkies, en ek sal my petversame­ling uitbrei. (b) Ek sal ouskoolwin­kels invaar en alles van kunspelsja­sse tot uitklokjea­ns koop. (c) Die jongste ontspanne drag soos spanbroeke, plat skoene en slagspreuk­toppies. (d) Hakskoene, juweliersw­are en handsakke.

10 Waarop in jou kas sal jy die meeste geld uitgee?

(a) Ouskoolse T-hemde met ’n aweregse boodskap. (b) Iets wat niemand anders besit nie, soos ’n motorfiets­baadjie of Doc Martens. (c) Duursame oefenklere wat jy oral kan dra, oftewel athleisure. (d) Handsakke, hakskoene en juweliersw­are.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa