Huisgenoot

Ons unieke buurlande

Die lande wat aan Suid-Afrika grens, het elkeen ’n unieke geskiedeni­s en geaardheid

-

SUID-AFRIKA grens aan ses lande: Namibië (met ’n gedeelde grens van 969 km), Botswana (1 840 km), Zimbabwe (225 km), Mosambiek (491 km), Swaziland (430 km) en Lesotho (909 km). Hierdie buurlande se geskiedeni­s, ekonomie, natuurlewe en infrastruk­tuur is ten nouste met dié van Suid-Afrika verweef. Ons kyk vandeeswee­k na die eerste drie van ons ses buurlande. Namibië is genoem na die Namibwoest­yn, wat sowat 2 000 km al langs sy kus af strek. Die grootste deel van di die l land d word deur ’n hoë plato beslaan. Die sentrale plato is sowat 2 000 m hoog en grens aan die Namibwoest­yn in die weste, die Oranjerivi­er in die suide en die Kalahariwo­estyn in die ooste. Die dorre Skedelkus is noord van Swakopmund geleë.

Bevolking:

Die hoofstad, Windhoek, het meer as 350 000 inwoners. Namibië is die 34ste grootste land ter wêreld (825 615 km²), maar met net sowat 2,6 miljoen inwoners is dit uiters yl bevolk. Sowat die helfte van die Namibiese nasie is Ovambo’s, maar daar is ook talle ander groepe. Hoewel die amptelike taal Engels is, kry die ander groepe se tale ook erkenning. Dié tale is onder meer Oshivambo, Afrikaans, Duits, Nama, Herero en Tswana.

Koloniale tyd:

Duitsland het SuidwesAfr­ika in 1884 sy kolonie gemaak. Maar in die Eerste Wêreldoorl­og het SuidAfrika die gebied verower (1915) en dekades lank as ’n integrale deel van ons land bestuur. Namibië het eindelik op 21 Maart 1990 onafhankli­k geword. Die land handhaaf vandag steeds noue bande met Suid-Afrika.

Ekonomie:

Namibië is Suid-Afrika se sewende grootste handelsven­noot op grond van uitvoer na dié buurland. Mynbou verdien baie geld vir die Namibiese staatskas, veral deur die uitvoer van diamante, koper, goud, sink, lood en uraan. Nog inkomstebr­onne is toerisme, vervaardig­ing (soos bierbrouer­y), die landbou (veeteelt) en vissery. Die Namibiese dollar is gelykwaard­ig aan die rand; die rand word dus ook daar as betaalmidd­el aanvaar.

Toerisme:

Derduisend­e Suid-Afrikaners hou jaarliks vakansie in die mooie Namibië. Baie mense besoek die asemrowend­e 160 km lange Visrivierc­anyon, die grootste in Afrika. Die Nasionale Etoshawild­tuin kry ook groot aftrek en het meer as 22 000 spesies fauna en flora.

Kusdorpe soos Lüderitz en Swakopmund lok besoekers danksy hul interessan­te Duitse karakter. Die paaie en spoorverbi­nding in hierdie buurland is besonder goed. Daar is ook talle grensposte, soos Vioolsdrif, Nakop en Onseepkans. Onthou om jou paspoort saam te neem as jy die grens wil oorsteek!

Botswana het geen kuslyn nie. Die twee belangriks­te geografies­e eienskappe van Botswana is die Okav Okavangode­lta in die noorde en die Kalahariwo­estyn, wat sowat 70 persent van die land beslaan.

Bevolking:

Met onafhankli­kheid is Betsjoeana­land se naam na Botswana verander na aanleiding van die grootste bevolkings­groep, die Batswana. Hoewel Engels die amptelike taal is, praat sowat 80% van die bevolking Tswana. Daar is sowat 2,3 miljoen mense in dié land, wat 581 730 km² beslaan. Die hoofstad, Gaborone, het sowat 250 000 inwoners.

Koloniale tyd:

Voor Europeërs hul opwagting gemaak het, is die land beheer deur stamme wat vee aangehou en hul eie kos gekweek het. In 1885 het die Britte die land as ’n protektora­at oorgeneem. Sedert onafhankli­kwording in 1966 geniet Botswana ’n stabiele regering, ekonomiese groei en harmonie tussen verskillen­de stamme en bevolkings­groepe. pe.

Ekonomie:

Botswana se vernaamste ste bedrywe wentel om diamante, koper, per, nikkel, sout, tekstiel en vleis. Daar r word ook onder meer met mielies en sorghum geboer. Wat Suid-Afrika se uitvoer van onder meer voedsel, masjinerie, brandstof, hout- en metaalprod­ukte betref, is Botswana ons sesde grootste handelsven­noot. Botswana se geldeenhei­d, die pula, is danksy die land se stabilitei­t sowat 25% sterker as die rand.

Toerisme:

Die ongerepte natuur en wilde diere van dié droë land lok baie toeriste. Hulle besoek veral die pragtige wildtuine, soos die Nasionale Sentraal-Kalaharipa­rk, die Nasionale Chobepark en die Kgalagadi-oorgrenspa­rk (sien “Oorgrenspa­rke” onder). Nes Botswana het Zimbabwe nie ’n kuslyn nie. Die land het ’n hoë plato met ’n hoëveld en b berge i in die ooste. Die plato daal af na die Zambezival­lei in die noorde en die Limpopoval­lei in die suide.

Bevolking:

Daar is na raming meer as 16 miljoen mense in Zimbabwe. Die meeste (sowat driekwart) is Shona en die grootste minderheid Ndebele. Engels is die amptelike taal. Daar woon sowat 1,6 miljoen mense in die hoofstad, Harare.

Koloniale tyd:

Die Britte het in die 1880’s in die gebied betrokke geraak en dit Rhodesië genoem ter ere van die mynmagnaat en ryksbouer Cecil John Rhodes. Die gebied is formeel in 1923 geanneksee­r. Die wit regering het in 1965 eensydig onafhankli­kheid van Brittanje verklaar, maar die land het eindelik in 1980 sy volle onafhankli­kheid verkry en die naam Zimbabwe aangeneem.

Ekonomie:

Gegrond op Suid-Afrika se uitvoer, was Zimbabwe verlede jaar ons 13de grootste handelsven­noot. Zimbabwe voer veral goud, platinum, katoen, tabak, ysteralloo­ie en tekstiel uit. Die ekonomie het sowat 10 jaar gelede byna in duie gestort weens hiperinfla­sie, en van toe af is die Zimbabwies­e dollar waardeloos. Grondontei­ening het die landbousek­tor lamgelê en baie Zimbabwiër­s is werkloos, ly honger of het na buurlande uitgewyk.

Toerisme:

Die laaste jare se politieke en ekonomiese krisisse in Zimbabwe het toerisme benadeel. Die land het asemrowend­e toeristeaa­ntreklikhe­de, soos die beroemde Victoriawa­terval en Groot-Zimbabwe, ’n antieke argitekton­iese monument waarna die land genoem is. Met ’n nuwe president aan die bewind sal Zimbabwe dié bedryf hopelik weer op dreef kan kry. As jy per motor reis, sal jy die grens by Beitbrug oorsteek.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die Namib het van die hoogste duine ter wêreld. Die gemsbok kom voor op Namibië se landswapen. ONDER: ’n Herero-vrou in tradisione­le drag.
HOOFFOTO: Die Namib het van die hoogste duine ter wêreld. Die gemsbok kom voor op Namibië se landswapen. ONDER: ’n Herero-vrou in tradisione­le drag.
 ??  ?? ONDER: Die Christuske­rk en ’n standbeeld van oudpres. Sam Nujoma. LINKS HEEL ONDER: Die Oranjerivi­er vorm die grens met Suid-Afrika. REGS HEEL ONDER: Die halfmenspl­ant ( Pachypodiu­m
namaquanum) groei daar naby.
ONDER: Die Christuske­rk en ’n standbeeld van oudpres. Sam Nujoma. LINKS HEEL ONDER: Die Oranjerivi­er vorm die grens met Suid-Afrika. REGS HEEL ONDER: Die halfmenspl­ant ( Pachypodiu­m namaquanum) groei daar naby.
 ??  ?? ONDER: Die Victoriawa­terval is ’n groot toeristeaa­ntreklikhe­id in Zimbabwe. INLAS: Ons noordelike buurland is na die bouvalle van Groot-Zimbabwe genoem.
ONDER: Die Victoriawa­terval is ’n groot toeristeaa­ntreklikhe­id in Zimbabwe. INLAS: Ons noordelike buurland is na die bouvalle van Groot-Zimbabwe genoem.
 ??  ?? ONDER: Gaborone, die hoofstad, is ’n klein maar moderne stad. INLAS: Die Okavangode­lta lok baie toeriste.
ONDER: Gaborone, die hoofstad, is ’n klein maar moderne stad. INLAS: Die Okavangode­lta lok baie toeriste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa