Huisgenoot

Mense en Hul Dinge

-

’NNEEF van wyle Robert Kardashian het onlangs onthul dié voormalige patriarg van die werklikhei­dstelevisi­efamilie sou “in sy graf omgedraai het” as hy moes weet hoe saai en materialis­ties Kim (37), Khloé (33), Kourtney (39) en Rob (31) nou is.

John Kardashian (68), wat ’n ondernemin­g genaamd Kardashian Constructi­on saam met sy seun bedryf, sê hulle is erg verleë oor hul beroemde familie en wil hoegenaamd niks met hulle te doen hê nie. John beskryf Kris Jenner (62) as “’n flerrie wie se geld- en roembehept­e dogters nie veel beter as sy is nie.

“Dis absoluut walglik dat sy geld uit Kim se pornofliek maak en hulle almal al soveel plastiese chirurgie gehad het. Dit sou nie gebeur het as Robert nog hier was nie,” sê hy.

John se seun, Johnny (34), is ook geïrriteer­d met die manier waarop hul familienaa­m gebruik word en sê die naam pas meer in sy vakgebied. “Ek haat dit. Dis ’n baie sterk van en ek kan nie daarvan ontsnap nie,” sê Johnny.

“Ons kan nie die naam van die ondernemin­g verander nie, want ons besit dit al jare. Die naam beteken ‘klipkapper’ in Armeens en dis wat ons steeds doen. My kant van die familie stam van werkerskla­s- en hardwerken­de mans af. Dis ons wat die ware talent het.”

Maar nie al die Kardashian­s verpes hul beroemde familieled­e nie. Die werklikhei­dstelevisi­efamilie het na-aper-familieled­e wat in die Kalifornie­se woestyn woon. Varus Kardashian (74), nog ’n neef van Robert, het ook besluit om sy drie dogters se name met ’n K te laat begin en het hulle Kourtni, Kara en Krista gedoop.

Die drie meisies lyk selfs soos hul beroemde niggies, het al in hul program op E! verskyn en op hul Instagram-blaaie gepryk.

Hul ma, Janet (71), is ’n afgetrede onderwyser­es en sê hulle bly in verbinding met hul niggies. Hulle het al Kim se derde kind, Chicago, en haar halfsuster Kylie Jenner se dogter, Stormi, ontmoet.

 ??  ?? Van links is Kris, Kendall, Khloé, Kim, Kourtney en Kylie Van links is Khloé en Kim en hul niggies Kara en Kourtni
Van links is Kris, Kendall, Khloé, Kim, Kourtney en Kylie Van links is Khloé en Kim en hul niggies Kara en Kourtni
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa