Huisgenoot

KOFFIEKOEK­IES

-

LEWER 25-30 ENKELKOEKI­ES Bereiding: 20 min. Bak: 10-12 min. per baksel

KOEKIES

250 g botter, kamertempe­ratuur 125 ml (½ k) suiker 15 ml (1 e) gouestroop 15 ml (1 e) kitskoffie opgelos in 10 ml (2 t) kookwater 30 ml (2 e) melk gemeng met 2,5 ml (½ t) koeksoda 625 ml (2½ k) koekmeel ’n knippie sout

VERSIERSEL

125 ml (½ k) suiker 60 ml (¼ k) melk 200 g botter 5 ml (1 t) vanielje Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer twee groot bakplate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

1 Koekies Klits die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die stroop, koffie en melk-en-koeksodame­ngsel by; klits tot goed gemeng.

2 Sif die meel en sout oor die botter- mengsel en meng met ’n houtlepel tot ’n deeg vorm. Bedek met kleefplast­iek; verkoel minstens 15 min.

3 Rol okkerneutg­rootte-balletjies met die koekiedeeg en pak op die bereide bakplate.

4 Druk die koekies platter met ’n vurk of jou vingers en bak 10-12 min. of tot goudbruin en gaar. Laat 5 min. op die bakplaat afkoel. Pak op ’n draadrak om nog af te koel.

5 Versiersel Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie. Verhit en roer aanhoudend tot die suiker opgelos het. Verwyder die mengsel van die hitte; laat 10 min. staan.

6 Klits die mengsel met ’n elektriese klitser tot koud en styf. Smeer van die versiersel op ’n koekie en plak 2 koekies bo-op mekaar. Herhaal met die res. Laat heeltemal afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa