Slinkse planne wat wêreld verander
Lank voor ons ’n ware vetsug-epidemie gehad het, is die idee van ’n gewigsprobleem uit die duim gesuig. Die statistikus Louis Dublin se syfers het in n 1945 nie lekker geklop p nie en hy moes sy base e by die versekeringsreus Metropolitan Life e se hoofkantoor in New w York beïndruk.
Toe hy die gesondheids- eidspremies bestudeer wat at Met Life se kliënte betaal het, het hy besef dis grootliks tliks deur hul gewig beïnvloed. oed. En daar tref die idee Louis: Jy kan tienduisende tiendu meer kliënte skep as jy die drempelgewig verlaag waarteen waarte polishouers skuif van die d kategorie “oorgewig” g na die meer gesondheidskritieke “vetsugtig”. En tienduisende “normale” mense kan dan herklassifiseer word as “oorgewig”. Hierdie nuwe “vetsugtige” “v en “oorgewig” gew kliënte sou ’n hoër versekeringspremie as voorheen voo betaal omdat die gesondheidsrisiko’s ges wat met hul gewig verband hou as groter grot beskou word. Louis het ’n wetenskaplike maatstaf m hiervoor nodig gehad; g dus het hy die LMI (liggaamsmassa-indeks) uitgedink, ’n kombinasie van gewig en lengte.
Al het dit wetenskaplik geklink, het dit spierdigtheid met vet verwar. (Volgens sy LMI-lesing is Usain Bolt, die vinnigste mens, vetsugtig.)
Die helfte van die Amerikaanse bevolking is oornag as oorgewig of vetsugtig bestempel en sou hoër premies moes betaal. “Louis het na sy data gekyk en na willekeur besluit om die gewenste gewig vir iemand van 25 op almal van toepassing te maak,” sê Joel Guerin, ’n ondersoekende joernalis wat Louis se metodologie ontleed het.
Met Life het met kruidenierswinkels, dokterspreekkamers en supermarkte oraloor ooreengekom om skale met hul kenteken te installeer. Die vetgevaar moes dadelik aandag kry. Mense met ’n hoë LMI is wysgemaak hulle loop ’n dreigende risiko om ’n hartaanval of beroerte te kry.
Die dieetbedryf is gebore.