WEEGSKAAL
23 SEP – 22 OKT Verwag dié week die onverwagte, hetsy goed of sleg. Dit gaan dalk allesbehalwe ’n rustige week wees, of dit vriende is wat jou verras of onvoorsiene omstandighede wat jou planne omvergooi. As jy koopterapie oorweeg, moet jy versigtig wees. Dit sal maklik wees om meegevoer te raak en jou kontantvloei in die proses te bederf. GELUKKIGE NOMMERS 40, 36, 32, 18, 26, 52