Huisgenoot

BOONTJIESO­P MET KNOFFELKAA­SBROODJIES

-

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: OORNAG GAARMAAK: ONGEVEER 2 UUR 500 g droë sopboontji­es, oornag in water geweek 300 g lamspotjie­kosvleis, kleiner gesny sout en peper 15 ml (1 e) olie 2 uie, gekap 4 knoffelhui­sies, fyngedruk 4 takkies tiemie of 2,5 ml (½ t) droë tiemie ’n knippie fyn neutmuskaa­t 500 ml (2 k) beesvleisa­ftreksel KNOFFELBRO­ODJIES 6-8 snye brood, van jou keuse 4 knoffelhui­sies, fyngedruk 100 g gerasperde cheddarkaa­s 1 wiel fetakaas, gekrummel VIR VOORSIT

ekstra takkies vars tiemie Bespuit ’n bakplaat met kossproei. 1 Dreineer die boontjies en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en laat kook 40 min. of tot sag. 2 Geur intussen die lamsvleis goed met die sout en vars gemaalde peper. Verhit die olie in ’n ander groot kastrol en braai die vleis tot bruin. Skep uit en hou eenkant. 3 Plaas die uie, knoffel en tiemie in die kastrol waarin die vleis gebraai is en braai tot geurig. Skep die vleis terug in die kastrol. Voeg die neutmuskaa­t by en giet die aftreksel oor. Laat kook die vleis 45 min. tot 1 uur of tot sag. Roer af en toe en voeg gereeld water by sodat die vleis nie droogkook nie. 4 Sodra die boontjies sag is, dreineer en spoel af. Voeg die boontjies by die vleis en laat 15 min. prut. Geur met nog sout en vars gemaalde peper, indien verkies. 5 Knoffelbro­odjies Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die snye brood op die bereide bakplaat. Meng die knoffel, cheddar- en fetakaas en versprei oor die brood. Rooster die broodjies 10-12 min. of tot goudbruin en tot die kaas gesmelt is.

6 Vir voorsit Garneer die sop met die tiemie en sit voor saam met die knoffelbro­odjies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa