Huisgenoot

MAROKKAANS­E PASTEI

-

“Dié pastei is ’n indrukwekk­ende middelpunt vir enige etenstafel en is dus perfek vir onthaal. Dit kan as ’n bykos of as middag- of aandete saam met ’n groenslaai voorgesit word,” sê Liezie. GENOEG VIR 6-8 MENSE BEREIDING: 40 MIN. BAK: 50 MIN. VULSEL 10 ml (2 t) koljanders­aad 10 ml (2 t) komynsaad 5 ml (1 t) paprika 2,5 ml (½ t) fyn kaneel 2,5 ml (½ t) sout 90 ml (6 e) olyfolie 900 g botterskor­sie, in 2 cm-stukke gesny 2 klein uie, gekap 4 cm-stuk gemmer, fyngekap 60 ml (¼ k) amandels, geblansjee­r 60 ml (¼ k) pistachio’s, uitgedop 30 ml (2 e) droë bosbessies 45 ml (3 e) heuning 60 ml (¼ k) koljanderb­lare, gekap 4 x 250 ml (4 k) babaspinas­ie AFRONDING 125 ml (½ k) gesmelte botter 8 groot velle filodeeg 125 ml (½ k) hummus 60 ml (¼ k) amandels, geblansjee­r 60 ml (¼ k) pistachio’s, uitgedop 30 ml (2 e) droë bosbessies 45 ml (3 e) heuning SOUS 375 ml (1½ k) natuurlike jogurt 125 ml (½ k) klappermel­k 3 takkies kruisement, gekap 30 ml (2 e) harissapas­ta suurlemoen­wiggies, vir voorsit Voorverhit die oond tot 180 °C.

1 Vulsel Rooster die koljander- en komynsaad sowat 3-4 min. in ’n klein, droë pan tot aromaties. 2 Stamp die sade grof met ’n stamper in ’n vysel. Voeg die paprika, kaneel, sout en 4 e olyfolie by en meng goed. 3 Meng die botterskor­sie by die speserymen­gsel in en keer in ’n enkellaag op ’n bakplaat uit. Rooster 20 min. of tot goudbruin. 4 Verhit intussen 30 ml (2 e) olie in ’n braaipan. Braai en roer die uie tot goudbruin en voeg dan die gemmer by. 5 Roer die amandels, pista-

chio’s en bosbessies in. Voeg die heuning by en roer tot gesmelt. 6 Voeg die vars koljander en spinasie by en roer tot dit begin verlep. 7 Verwyder van die hitte en voeg die geroosterd­e botterskor­sie by. Hou eenkant.

8 Afronding Plaas ’n losboomter­t- of quichepan op ’n bakplaat en verf met ’n bietjie gesmelte botter. 9 Pak die filovelle in lae in die vorm – verf elkeen met gesmelte botter en laat heelwat deeg oor die kante hang. 10 Stapel die helfte van die vulsel in die middel van die pastei, smeer met ’n laag hummus en skep dan die res van die vulsel oor. 11 Vou die rand van elke vel deeg een vir een rofweg oor na die middel van die pastei. Verf met die botter. 12 Bak die pastei 20-30 min. tot goudbruin en bros. 13 Net voor die pastei gaar is, verhit die oorblywend­e botter, voeg die neute en bosbessies by en braai tot goudbruin. 14 Voeg heuning by en roer tot dit gesmelt is. Voeg ’n spatsel warm water by om dit te verdun. 15 Giet die mengsel oor die pastei sodra dit uit die oond kom.

16 Sous Meng die jogurt, klappermel­k, kruisement en harissa. 17 Sit die pastei voor saam met die sous en ’n paar suurlemoen­wiggies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa