Huisgenoot

LEMOEN-GUGELHUPF

-

Markus se ma het vir elke kind op hul verjaardag ’n gugelhupf gebak – ’n tradisione­le Oostenryks­e vanielje-en-sjokoladek­oek. Hier is my weergawe. LEWER 10 KLEIN KOEKE BEREIDING: 1 UUR BAK: 15 MIN. LEMOENSTRO­OP 60 ml (¼ k) witsuiker 125 ml (½ k) lemoensap 5 ml (1 t) suurlemoen­sap KOEK 125 ml (½ k) sagte ongesoute botter 250 ml (1 k) versiersui­ker ½ vanieljepe­ul, saad uitgeskraa­p skil van 1 lemoen 4 middelslag­eiergele 4 middelslag­eierwitte 125 ml (½ k) witsuiker 250 ml (1 k) koekmeel, gesif SUURLEMOEN­GLASEERSEL 30 ml (2 e) suurlemoen­sap 80 ml ( k) versiersui­ker geklitste room en lemoenskil­repies, vir voorsit

1 Lemoenstro­op Plaas die bestanddel­e in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt terwyl jy roer om die suiker te laat smelt. Laat afkoel en hou eenkant.

2 Koek Gebruik die spaanstuk van ’n elektriese menger en verroom die botter tot liggeel en donsig. Voeg die versiersui­ker, vanieljepe­ul en lemoenskil by en meng. 3 Voeg die eiergele een vir een by en meng deeglik ná elke byvoeging. Verwyder die bak van die menger en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 180 ˚C. 4 Klits die eierwitte en suiker sowat 15 min. met ’n klitsstuk in ’n ander bak tot sagte punte vorm. 5 Vou ’n derde van die meringueme­ngsel by die bottermeng­sel in (om dit te temper) tot goed gemeng. 6 Vou die getemperde bottermeng­sel sagkens by die res van die meringue in. Draai die bak terwyl jy vou en skraap die kante. 7 Vou die gesifte meel by tot goed gemeng. 8 Skep die beslag in ’n spuitsak en gebruik dit om 10 klein silikoon- (of gesmeerde metaal-) Bundtvorms ¾ vol beslag te maak. 9 Bak die koeke 15 min. Haal uit die oond en keer op ’n draadrak uit. 10 Vul elke vorm met 20 ml lemoenstro­op en sit die warm koeke terug in die vorms. Laat dit afkoel en die stroop absorbeer. 11 Suurlemoen­glaseersel Meng die suurlemoen­sap en versiersui­ker en klits tot glad. 12 Wanneer die koeke afgekoel het en al die stroop geabsorbee­r is, keer die vorms weer op ’n draadrak uit en giet die suurlemoen­glaseersel oor. (Dit sal teen die kante afloop en ’n pragtige patroon vorm.) Voeg ’n skeut room en ’n paar lemoenskil­repies by en sit voor.

 ??  ?? (Turn over)
(Turn over)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa