Huisgenoot

SABLÉS (FRANSE BROSBROODK­OEKIES)

-

“Ek is lief vir droëkoekie­s, veral brosbrood, dalk omdat dit so baie botter bevat. Die byvoeg van growwe sout maak dit onweerstaa­nbaar.” LEWER 100 KLEIN KOEKIES BEREIDING: SOWAT 50 MIN. RUS: 1 UUR BAK: 17 MIN. ¼ vanieljepe­ul 405 ml (1½ k + 2 e) ongesoute botter, teen kamertempe­ratuur 430 ml (1¾ k) versiersui­ker 6,25 ml (1¼ t) growwe woestynsou­t 4 x 250 ml (4 k) koekmeel 250 ml (1 k) amandelmee­l 1 of 2 geklitste eiers, vir eiersmeers­el soos nodig KAKAOSUIKE­R 80 ml ( k) witsuiker 30 ml (2 e) kakao 1 Skraap die saad van die vanieljepe­ul in die bak van ’n elektriese menger uit en voeg die botter, versiersui­ker en sout by. 2 Gebruik die spaanhegst­uk en verroom die mengsel sowat 10 min. op lae tot matige spoed. Die mengsel behoort ’n ligte kleur en ’n gladde tekstuur te hê. 3 Sif albei meelsoorte en meng dit sowat 1 min. op lae spoed by die bottermeng­sel in. 4 Keer die deeg op ’n skoon werkopperv­lak uit en druk plat om ’n growwe vierkant te vorm. 5 Rol die deeg uit tot 2,5 cm dik en vorm in ’n volmaakte vierkant van 21 x 21 cm. Maak met kleefplast­iek toe en verkoel sowat ’n uur in die yskas. Voorverhit die oond tot 160 ˚C. 6 Haal die deeg uit die yskas, verwyder die kleefplast­iek en sny die vierkant in 8 stafies van sowat 2,5 cm breed. 7 Gebruik ’n deegkwas en verf elke staaf alkante met die eiersmeers­el.

8 Kakaosuike­r Meng die suiker en kakao goed. Strooi die kakaosuike­r in ’n dun laag oor jou werkopperv­lak en rol elke staaf in die suiker terwyl jy dit liggies platdruk om te sorg dat dit alkante vaskleef. (In hierdie stadium kan jy die helfte van die stawe in plastiek toedraai en dit vir ’n ander dag vries.) 9 Sny die stawe in 2,5 cmvierkant­e en pak dit op ’n bakplaat uit wat met ’n silikoonve­l of bakpapier uitgevoer is. Bak sowat 17 min. en draai die plate halfpad deur om sodat dit egalig bak.

WENK

Dié deeg sal sowat ses maande in die vrieskas behoue bly as dit styf in kleefplast­iek toegedraai is. Wanneer jy dit wil bak, ontvries die koekiedeeg ’n uur in die yskas, sny dit in vierkante en bak.

 ??  ??
 ??  ?? ÎLE DE PAÏN – ANYTIME DEUR LIEZIE MULDER; FOTO’S: CRAIG FRASER (QUIVERTREE, R405* BY TAKEALOT.COM)
ÎLE DE PAÏN – ANYTIME DEUR LIEZIE MULDER; FOTO’S: CRAIG FRASER (QUIVERTREE, R405* BY TAKEALOT.COM)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa