Huisgenoot

VERSKILLEN­DE SOORTE VERLOF

-

SIEKTEVERL­OF

As jou huiswerker langer as twee opeenvolge­nde dae of dikwels siek is (byvoorbeel­d meer as drie keer binne een maand), mag jy ’n siektesert­ifikaat vra voor jy die persoon betaal.

Voltydse werknemers mag in die eerste ses maande dat hulle by jou werk een dag betaalde siekteverl­of vir elke 26 werkdae neem. Oor 36 maande mag hulle die getal dae neem wat iemand normaalweg oor ses weke sou werk.

Iemand wat byvoorbeel­d net een keer per week vir jou werk, is ook geregtig op siekteverl­of, maar dit moet opbou. Vir elke 17 dae gewerk, mag een dag siekteverl­of geneem word.

GELEENTHEI­DSVERLOF

Iemand wat langer as vier maande en minstens vier dae per week vir jou werk, mag elke 12 maande tot drie dae betaalde familiever­lof neem. Dit mag geneem word wanneer ’n kind siek is of gebore word en wanneer die werker se eggenoot, lewensmaat, ouer, kind, grootouer, kleinkind, broer of suster sterf. Die werkgewer mag ’n bewys vra van die geboorte, siekte of dood waarvoor die werker verlof versoek.

KRAAMVERLO­F

Kry inligting by www.labour. gov.za. ’n Huiswerker is geregtig op vier maande kraamverlo­f. Dit mag onbetaald wees, maar sy mag nie haar werk verloor nie. Sy mag ook nie binne ses weke ná haar bevalling begin werk nie, behalwe as ’n dokter of vroedvrou dit goedkeur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa