Huisgenoot

BLY HOOP OP EKS SE TERUGKEER

-

V Ek was langer as twee jaar in ’n verhouding met ’n man.

Ons was baie gelukkig, maar toe trek hy terug na sy geboortest­ad, waar sy familie woon. Ná ’n ruk het hy net laat weet hy het iemand anders daar. Ek dink dis onwaar. Hy het my ook in die sosiale media blokkeer.

Ek bly hoop hy sal terugkom. Ons het al tevore struikelbl­okke oorkom. Dink jy ek hoop verniet? V op BF A Om afsluiting te vind nadat ’n verhouding doodgeloop het, is moeilik, veral as ’n mens nie werklik redes kan vind waarom dit beëindig is nie. Valse hoop is ’n stok waarmee jy jou bly slaan as jy nie die werklikhei­d wil aanvaar nie.

Het jy al daaraan gedink as hy werklik ernstig oor jul verhouding was, sou hy nie weggetrek het sonder jou nie?

Dalk speel sy familie ’n groter rol in sy besluit as wat jy besef, maar wat ook al die rede is, jy sal moet ophou tob oor hoe hy dalk oor jul mislukte verhouding dink.

Verwagting­s oor verhouding­s en aannames daaroor kan lank daarna nog pyn veroorsaak as ’n mens nie daarvan kan afstand doen nie.

Twee jaar is lank. As ’n mens dit eensklaps uit jou lewe vee, beteken dit dit was verlore en leë jare. Om die einde van ’n verhouding te verwerk is makliker as ’n mens sin kan maak uit hoe dit jou gevorm en wat jy daaruit geleer het.

Daar is wel lewe nadat ’n verhouding doodgeloop het, mits jy nie voortgaan om dit te ontken en aan strooihalm­s hoop vas te klou nie.

‘Dis moeilik om jou kind te sien swaarkry, maar respekteer sy keuses’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa