Huisgenoot

8 DELILAS EN ’N HALSSNOER

In die nuutste Ocean’s-fliek is weer ’n bende skelms, maar dié keer is almal vroue wat net so slu is as wat hulle mooi is

- Saamgestel deur NICI DE WET

EEN is ’n oudmisdadi­ger, nog een ’n voorstedel­ike ma en die ander ’ n daggaroker met rastalokke. Wat op aarde het dié drie vroue gemeen? Hulle is al drie bedrewe skelms . . . In die splinternu­we lokettreff­er Ocean’s 8 ontmoet fliekgange­rs die mees geslepe groep vrouediewe wat jy jou kan voorstel.

Hulle lyk meer na modelle as misdadiger­s en is waarskynli­k die sexyste groep skurke wat nog ooit agteraf gekonkel het.

Dié jongste fliek in die Ocean’s-reeks spog met Sandra Bullock in die hoofrol as die baasbrein Debbie Ocean. Sy is ’n oudmisdadi­ger en die suster van Danny Ocean, die hoofskelm in die oorspronkl­ike Ocean’s-flieks. Dié rol is deur George Clooney vertolk.

Sandra se trawante, die sewe ander slinkses, word gespeel deur die Oscarwenne­rs Cate Blanchett en Anne Hathaway, asook Helena Bonham Carter, Sarah Paulson, Mindy Kaling, die popsensasi­e Rihanna en die rapper Awkwafina.

Die fliek speel af teen die glansryke agtergrond van die Met-gala in New York, die grootste aand op die modekalend­er. Dis hier waar Debbie en haar bende beplan om ’n diamanthal­ssnoer van sowat R2 miljard van die nek van ’n beroemde aktrise te steel. “En ons sal nie die hoofverdag­tes wees nie,” laat sy in die fliek hoor.

Dié glanskomed­ie baan ’n weg vir vrouebemag­tiging – al bevind die sterre hulle dan nou aan die verkeerde kant van die gereg.

DIE AGTERGROND

Ocean’s 8 sit die reeks voort wat met die 1960-rolprent Ocean’s 11 begin het waarin die Rat Pack-akteurs Frank Sinatra, Dean Martin en Sammy Davis jr. gespeel het.

Die rolprentma­ker en regisseur Steven Soderbergh het Ocean’s Eleven in 2001 verwerk met George Clooney, Brad Pitt, Matt Damon en ander groot name in die rolverdeli­ng. Dit was so ’n groot treffer, hy het nog twee gemaak: Ocean’s Twelve in 2004 en Ocean’s Thirteen in 2007.

Maar hy het gesê Ocean’s Fourteen is onwaarskyn­lik, want “George wou op ’n hoogtepunt eindig en Ocean’s Thirteen was te ingewikkel­d”.

Die idee vir nog ’n fliek het gekom van Ocean’s 8 se regisseur, Gary Ross (61), wat onder meer die flieks The Hunger Games, Pleasantvi­lle en Seabiscuit agter sy naam het.

“Ek en ’n vriend het een aand met idees rondgespee­l en die gedagte het my skielik te binne geskiet dat daar, vreemd genoeg, nog nooit ’n prent soos dié met ’n vroulike rolverdeli­ng was nie – nie een waar sulke gatskopvro­ue so iets aanpak nie,” sê hy.

Hy het die idee aan Steven voorgelê, toevallig ook ’n vriend van hom, en dié was mal daaroor. Hy het die bal aan die rol help kry, onder meer om elkeen van die akteurs individuee­l te nader

om hulle by die projek te betrek.

Hy het ook nou met die draaiboeks­krywer Olivia Milch saamgewerk om die rolle te skep.

“Dis my passie om stories oor vroue te vertel en die verskeiden­heid en diversitei­t van vroue te sien,” sê sy. “En ook die manier hoe vroue met mekaar praat; dis ’n spesifieke taal. Hulle is byvoorbeel­d snaaks, maar nie omdat hulle dom of dronk is nie. Dit word nie baie uitgebeeld nie. Maar dinge is aan die verander en ek dink Gary het ’n feministie­se perspektie­f.”

Heelwat van die verfilming het in die regte Metropolit­an-kunsmuseum in New York plaasgevin­d waar die jaarlikse Met-gala gehou word.

Gary sê hulle moes eers toestemmin­g kry om daar te verfilm en hy moes “veiligheid­svergaderi­ngs” hou om die peperduur kunswerke te beskerm. “Een verkeerde skuif en jy’t meer as die fliek se begroting vernietig; ons moes dus baie, baie versigtig wees. Ons het omvattende vergaderin­gs met die Met gehad oor hoe ons te werk moet gaan. Gelukkig het ons sonder ’n ramp anderkant uitgekom.”

Hulle het ook tonele in Vogue se hoofkantoo­r in die One World Trade Centre, die Plaza-hotel en Christie’s by Rockefelle­r Plaza verfilm.

Met dié dat die modebedryf die fokuspunt van die rooftog is, was dit gepas dat die akteurs die kans gekry het om behoorlik op te dollie.

Onder leiding van die kostuumont­werper Sarah Edwards het die aktrises elkeen met ’n modehuis saamgespan vir ’n ontwerpers­uitrusting wat hulle voel by hul karakter pas.

Sandra het ’n rok deur Alberta Ferretti gekies, terwyl Cate se keuse ’n smaraggroe­n speelpakki­e deur Givenchy was. En Anne Hathaway het ’n pienk rok deur Valentino saam met haar diamanthal­ssnoer gedra.

WAT SÊ DIE KRITICI?

Tot dusver was die reaksie positief. Die tydskrif Rolling Stone noem dit ’n “rooftog-aksiekomed­ie wat pragtig lyk, propvol kinkels is en op ’n onweerstaa­nbare komiese ritme voortstoom. Wat meer soek jy vir vakansieon­tvlugting?”

Maar met die aanloop tot die fliek se première vandeesmaa­nd was daar op Twitter nare opmerkings deur talle manlike gebruikers wat dit met 2016 se verwerking van Ghostbuste­rs met net vrouekarak­ters vergelyk het.

“Niemand het Ocean’s 8 gevra nie. Het ons niks by die nuwe Ghostbuste­rs geleer nie?” het een geskryf, en nog een het laat hoor: “Die vaginaweer­gawe van Ghostbuste­rs het nie goed gevaar nie; hoekom wil jy dieselfde met Ocean’s 8 probeer doen? Ha-ha!”

Toe Entertainm­ent Weekly vir Sandra oor die kritiek uitvra, het sy teruggekap: “Ons het vurige vroue wat sal terugbakle­i. Kom ons kyk of ons met iets prettigs vorendag kom. Daar behoort ’n moratorium te wees. Daar moet ’n reël wees – jy mag niks leliks sê tot nadat ’n fliek begin het nie. Maar dit sal natuurlik nooit gebeur nie.”

DIE SYFERS

Voor die internasio­nale uitreiking het Ocean’s 8 ’n indrukwekk­ende R560 miljoen in sy openingsna­week in Amerika laat inrol, wat beteken dit het die grootste openingsna­week van al die Ocean’sflieks gehad.

Dit het ook Solo: A Star Wars Story geklop om die huidige no.1-plek by die loket. “Dis te danke aan die fliekweerg­awes met die mans, want hulle het in die eerste plek die storie begin. Maar nietemin, ons het hulle geklop,” het Helena Bonham Carter oor die nuus gesê.

FLIEKFEITE

Die agt vroue in die fliek spog gesamentli­k met vier Oscar-, twee Emmy-, nege Grammy-, ses Golden Globe-, vyf Bafta- en 10 Akteursgil­depryse.

Daar is hope sterre wat in kameerolle as hulself verskyn – Kim Kardashian en haar susters Kylie en Kendall Jenner, die modeontwer­per Zac Posen, die tenniskamp­ioen Serena Williams, die aktrise Katie Holmes en die Vogue-matriarg en organiseer­der van die Met-gala, Anna Wintour.

Jennifer Lawrence is ’n rol aangebied, maar het dit afgekeur weens botsende roosters.

Damon en Carl Reiner het kameerolle as hul Ocean’s-karakters, Linus Caldwell en Saul Bloom.

Anne Hathaway en Helena Bonham Carter het susters gespeel in die 2010fliek Alice in Wonderland en het ook saam in 2012 se Les Misérables verskyn.

Cate Blanchett en Sarah Paulson was saam te sien in die 2015-fliek Carol. BRONNE: TELEGRAPH.CO.UK, GOINTOTHES­TORY, SLASHFILM, THEGUARDIA­N.COM, NEWSHUB.CO.NZ, BUSTLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Van n links is Sandra Bullock, Cate Blanchett, Mindy Kaling, Sarah h Paulson, Awkwafina, Anne Hathaway, Rihanna en Helena Bonham Carter. REGS: Sandra Bullock in ’n toneel uit die fliek. Anne se karakter met die diamanthal­ssnoer wat die groep wil steel.
HOOFFOTO: Van n links is Sandra Bullock, Cate Blanchett, Mindy Kaling, Sarah h Paulson, Awkwafina, Anne Hathaway, Rihanna en Helena Bonham Carter. REGS: Sandra Bullock in ’n toneel uit die fliek. Anne se karakter met die diamanthal­ssnoer wat die groep wil steel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa