Huisgenoot

Bekendesse bestebeder­fkos

Almal het een: daardie watertandr­esep waarvan jy eenvoudig nie genoeg kan kry nie. Die een waaraan jy met oorgawe weglê, want waarom skuldig voel oor iets wat vir jou so verskrikli­k lekker is? Ons het by ’n paar bekendes aangeklop om te hoor wat hul gunst

-

Melissa Willering Bitterball­en is nou nie iets wat jy om elke hoek en draai kry nie; wanneer Melissa dus die tradisione­el Hollandse happie in die hande kry, is dit vir haar die grootste lekkerte. Dié happie, ’n vleisfrikk­adel, maak haar skoon nostalgies. “Wanneer ek dit eet, verlang ek na Europa en my familie daar,” vertel die aktrise wat ons as Chrissie Bekker in Getroud met Rugby ken. “Toe ek in Desember in Europa kuier, het ek amper daagliks daaraan weggelê.” Marco Spaumer

einHy het dit lank ontken, maar du delik is Suidooster se Tim dit Plooy dapper genoeg om hardop te sê: “Ek is ’n suikertand.” is Sy geliefkoos­de smulhappie ’n dekadente donkersjok­oladetruff­el wat hy self maak. om “Dié bederfkos is my rede waargimnas­ium toe te gaan en om ek genoeg water en groentee nie,” drink. Ek kan nie daarsonder erken Marco. ’n “Ek maak een keer per week in die klomp hiervan en bêre dit ná ete yskas sodat ek elke aand kan sonder skaamte aan een weglê.”

Marijke van der Westhuizen

Groente Groentewas­mosnogn was mos nog nooit so lekker nie. Marijke, wat die rol van Maryke de Villiers in Getroud met Rugby speel, se grootste bederfkos is haar ma, Marieta Maree, se pampoenpof­fertjies. Die aktrise het op Bethlehem grootgewor­d en die goudbruin en soet poffertjie­s was ’n gereelde Sondagmidd­agtroos in die Oos-Vrystaatse wintermaan­de. “Die poffertjie­s is sag binne en lekker bros aan die buitekant.” Sy het haar ma se resep bemeester en nou kan haar seun, Juwan (7), ook daaraan weglê.

Desiré Gardner

Sy is gek oor pizza. “Wanneer ek in ’n restaurant eet, kyk ek altyd eerste of die spyskaart pizzas het,” sê Desiré, wat Carmen Fourie in Suidooster r speel. “Daar is vir my niks so lekker nie soos os ’n pizza in ’n restaurant saam met ’n glasie wyn.” ” Maar die Gardner-huishoudin­g geniet ook graag ’n “bou-jou-eie-pizza-aand”. “Wanneer ek die gier kry, gaan koop my man (Chris) vir ons deeg en hou ons op ’n Saterdag saam met die kinders ’n lekker pizzadag by die huis,” sê die ma van James (6) en Robin (amper 2).

Simone Biscombe Romerige lasagne is Simone, wat ons in Suidooster as Bianca Fourie ken, se grootste bederfkos. “Dis my gunsteling, want my ma, Colleen, maak dit net een keer per jaar op my verjaardag,” vertel sy. “My pa, Hilton, is ’n diabeet en dis baie ryk; daarom bederf sy my net op 11 Oktober daarmee. Ek is dol daaroor, want dit is regte huiskos.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa