Huisgenoot

ARIANA VERLIEF& VERLOOF

-

PRAAT van ’n warrelwind­romanse! Ariana Grande en Pete Davidson het die wenkbroue laat lig toe hulle verloof raak nog voor hul verhouding ’n maand oud was. Op 21 Mei het berigte oor die twee se verliefdhe­id begin opduik. Dit was net ’n paar dae nadat Ariana (25) aangekondi­g het haar verhouding met die rapper Mac Miller is iets van die verlede.

Pete (24) is nog kort tevore gesien saam met sy jare lange meisie, Cazzie David, die komediant Larry David se dogter. ’n Week later het die Saturday Night Live-akteur die gerugte van ’n romanse bevestig toe hy ’n foto van hom en sy nuwe liefde in Harry Potter-kostuums deel.

Tien dae later het Pete op Instagram gespog met tatoes wat hy ter ere van sy nuwe meisie gekry het: Ariana se voorletter­s en haar bekende haasoremas­ker. En toe byna vier weke ná die aanvanklik­e berig bevestig die tydskrif People die twee mik kansel toe. Net ’n week later het Ariana op Instagram nog ’n groot stap in hul verhouding aangekondi­g: Hulle het saam ingetrek.

Al is Ariana se vele aanhangers in die wolke, meen party skeptici die onbehoorli­ke haas is deels aan die langdurige uitwerking van posttrauma­tiese stressteur­ing te wyte. Die sangeres het onlangs teenoor Vogue erken dit was vir haar uiters traumaties toe ’n bom in Mei 2017 by haar konsert in die Manchester Arena ontplof en 22 lewens eis.

“Ek dink nie ek sal ooit daaroor kan praat sonder dat ek huil nie,” het sy gesê. “Ek het nog altyd aan angstighei­d gely, maar toe ek ná die toer by die huis kom, was dit die ergste wat ek dink dit al ooit was.”

Haar aanstaande het self al met psigiese toestande geworstel. Grenslynpe­rsoonlikhe­idsteuring (GPS) is in 2016 by Pete gediagnose­er en hy het al openhartig oor sy stryd daarteen gepraat.

Hy het onlangs teruggekap oor die nare reaksie in die sosiale media op sy verhouding met die Dangerous Woman-sangeres. “Gewoonlik lewer ek nie op so iets kommentaar nie,” het hy in ’n Instagram-plasing geskryf, “maar ek hoor baie praatjies dat ‘mense met GPS nie in ’n verhouding kan wees nie’. Net omdat iemand ’n psigiese siekte het, beteken dit nie hulle kan nie gelukkig en in ’n verhouding wees nie. Dit beteken ook nie so iemand maak die verhouding toksies nie.” BRONNE: PAGESIX.COM, PEOPLE, THECUT.COM

‘Ek het nog altyd aan angstighei­d gely’

 ??  ?? Ariana het gevra Miley Cyrus moet saamsing op die geldinsame­lingskonse­rt One Love Manchester.
Ariana het gevra Miley Cyrus moet saamsing op die geldinsame­lingskonse­rt One Love Manchester.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa