Huisgenoot

Toesigdoku­mente lek uit

-

TWINTIG maande nadat hulle ’n skeisaak aanhangig gemaak het, lyk dit of die toesigstry­d tussen Brad Pitt en Angelina Jolie ál hewiger woed. Die jongste slag vir Angie (43) is hofdokumen­te wat uitgelek het met reëlings oor hoe hulle in die Noordelike Halfrond se somermaand­e toesig oor hul kroos gaan deel. Die aktrise is verplig om vir hul kinders te sê die “hof het beslis dit is vir hulle nadelig om nie ’n verhouding met hul pa te hê nie” en hulle is “veilig by hul pa”.

Die enigste kind vir wie die bevel nie geld nie, is Maddox (16), wat glo hardhandig deur Brad (54) behandel is kort voor Brangelina hul skeiding in September 2016 aangekondi­g het. Hy word as volwasse beskou.

Brad mag die kinders vier uur per dag sien terwyl hulle in Londen is, waar Angelina aan Maleficent 2 werk. Die kroos sal dan na Amerika reis om van 21 tot 29 Julie by hul pa in Los Angeles deur te bring. Brad moet hulle dan aan hul ma in Londen terugbesor­g; hy moet ook hul reiskoste betaal. Van 11 tot 13 Augustus het hy weer toesig. Op 13 Augustus sit hulle die hofstryd voort.

Volgens die hofbevel mag Angie die kin- ders net een keer per dag bel terwyl hulle by hul pa is. Sy moet elke kind se selfoonnom­mer vir Brad gee sodat hy vir hulle kan teksboodsk­appe stuur of bel sonder dat sy hul gesprekke monitor.

Die hof het die aktrise gewaarsku sy kan primêre toesig oor die kinders verloor as sy nie die nuwe bepalings nakom nie.

Kort nadat die dokumente aanlyn opgeduik het, het ’n woordvoerd­er van Angie gesê die Salt-aktrise is woedend omdat vertroulik­e inligting uitgelek het.

Sy het dit as “misleidend” en “betreurens­waardig” bestempel.

 ??  ?? Dis belangrik dat die kinders, (van links) Shiloh, Vivienne, Maddox, Pax, Zahara en Knox, ’n verhouding met hul pa, Brad Pitt, het, het die regter beslis. Maddox word nie verplig om Brad te sien nie.
Dis belangrik dat die kinders, (van links) Shiloh, Vivienne, Maddox, Pax, Zahara en Knox, ’n verhouding met hul pa, Brad Pitt, het, het die regter beslis. Maddox word nie verplig om Brad te sien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa