Huisgenoot

HOE WERK eFILING?

-

Dit is gerieflik om jou belastingo­pgawe elektronie­s met die aanlyn stelsel eFiling in te dien, sê Piet Nel, hoof van die tegniese afdeling van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingb­eroepslui.

Dit kan jou die tyd en frustrasie spaar om in ’n lang tou by ’n SAID-kantoor te staan. Nog ’n voordeel van eFiling is as jy ’n fout gemaak het met die invul van die belastingv­orm, kan jy dit maklik aanlyn regstel.

Dis ’n goeie idee om met eFiling self jou belastingo­pgawe in te dien as dit doodeenvou­dig is, soos wanneer jy ’n jaarlikse inkomste van meer as R350 000 het en werknemers­belasting reeds deur die jaar afgetrek word.

Maar vra liewer ’n belastingk­onsultant se hulp as jou belastings­ake ingewikkel­der raak, byvoorbeel­d wanneer jy ’n toelae, soos vir reis, ontvang, inkomste uit die buiteland kry, geld uit ’n eie ondernemin­g verdien, vryskutwer­k doen of meer as een inkomstebr­on het.

Sodra jy persoonlik by ’n SAID-kantoor as ’n belastingb­etaler geregistre­er is en ’n belastingn­ommer gekry het, kan jy op die SAID se eFiling-webtuiste (sarsefilin­g. co.za) registreer, sê die SAID-woordvoerd­er Janine Mqulwana.

GAAN SO TE WERK

Nadat jy op “Register” geklik het, moet jy aandui of jy jou eie opgawe wil indien en of jy ’n belastingp­raktisyn is.

Vul jou persoonlik­e besonderhe­de in. Jy sal daarna die inligting ontvang waarmee jy voortaan moet aanmeld.

Die SAID bied ook ’n “Help-You-eFile”funksie, waartydens ’n SAID-agent jou telefonies kan bystaan en verduideli­k watter inligting jy waar moet invul, sê Janine.

Jy kan ook ’n hulpgids in PDF-formaat van die SAID se webtuiste aflaai. Dié gids dui met skermgrepe aan hoe jy kan registreer en hoe jy daarna jou opgawes elektronie­s kan indien.

DIE DOKUMENTE WAT JY VIR eFILING NODIG HET

Jou IRP5, die belastings­ertifikaat wat jy van jou werkgewer kry.

Sertifikat­e vir inkomste wat jy binnelands verdien het.

Enige ander dokumente oor inkomste wat jy verdien het.

Besonderhe­de van mediese uitgawes wat jy self betaal het en van jou bydraes tot ’n mediese fonds, soos die belastings­ertifkaat van jou mediese fonds.

’n Ritboek en ander dokumente as bewys van jou reiskoste vir werkdoelei­ndes.

Enige ander dokumente oor toelaatbar­e aftrekking­s waarvoor jy wil eis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa