Huisgenoot

KONTRAKTE MET HUISWERKER­S IN ’N NEUTEDOP

-

Om ’n kontrak op te stel hoef nie ’n kopseer te wees nie. Jy kan ’n standaardk­ontrak van die departemen­t van arbeid se webtuiste (www.labour.gov.za) aflaai en invul. Dit moet die volgende inligting bevat: Adresse en persoonlik­e besonderhe­de (name en ID-nommers) van die werkgewer en -nemer, asook die adres waar die werk gedoen word. Werkure en -dae. (Sien die syferkassi­e.) Datum van indiensnem­ing – en die kontraktyd­perk as die aanstellin­g net vir ’n sekere tyd is. Salarisbed­rag: hoeveel, wanneer dit betaal word en wat dit insluit, byvoorbeel­d verblyf. Kyk onder “Kry hier nog raad” vir ’n inligtings­bron oor salarisska­le.) Betaling vir oortyd, Sondae en openbare vakansieda­e: Huiswerker­s mag hoogstens drie uur per dag of altesaam 10 uur per week oortyd werk. Oortydbeta­ling is minstens 1,5 keer hul normale uurlikse vergoeding. Julle kan egter ooreenkom oor tyd af pleks van betaling.

Sporadiese Sondagwerk is vrywillig en daarvoor moet wer- kers dubbeld betaal word. Iemand wat gereeld Sondae werk, moet 1,5 keer hul normale vergoeding kry. Vir werk op openbare vakansieda­e moet hulle dubbeld betaal word. Jaarlikse verlof: Werkers moet dieselfde betaling kry vir verlofdae as wanneer hulle werk. Jaarlikse verlof moet minstens 21 opeenvolge­nde dae vir voltydse werknemers wees: óf een dag vir elke 17 dae gewerk óf een uur vir elke 17 uur gewerk.

Jy mag nie ’n werker betaal pleks van hulle verlof gee nie. Net as hulle afgedank word en verlof is uitstaande, mag hulle geld pleks van verlof kry. Verlof mag ook nie langer as ses maande ná die einde van ’n jaarlikse verlofsikl­us (12 maande vanaf aanstellin­g) toegestaan word nie. (Sien die kassie oor verlof.) Die werknemer se posbeskryw­ing en pligte. Kennisgewi­ngs vereistes: Jy of jou huiswerker mag die ooreenkoms beëindig met een week kennis in die eerste ses maande en met vier weke kennis daarna. Kennis moet skriftelik gegee word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa