Huisgenoot

Thys & Trix

Aksiekomed­ie. Met Bouwer Bosch, Leandie du Randt Bosch en Brendon Daniels. Regisseur: Quentin Krog. 16DT. Begin op 22 Junie.

- – FRANCO HAVENGA

Waaroor gaan dit?

Thys en Trix (die akteurspaa­r Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch) is twee Gautengse polisiebea­mptes wat in die sop beland nadat hulle om die verkeerde redes nuus gemaak het. Hul bevelvoerd­ers stuur dié boet en sus na ’n Mosselbaai­se gholflandg­oed onder die voorwendse­l dat hulle ’n getroude paartjie is. Hul opdrag? Om ’n dwelmnes oop te vlek. Die sibbes ontmoet drie paartjies, almal moontlike verdagtes as dwelmverva­ardigers. Hulle moet maats maak met die ander inwoners sodat speurder Solomons (Daniels) ongestoord alle leidrade kan opvolg om die sindikaat vas te trek. As Johan en Susan word Thys en Trix sommer vinnig deur elke paartjie verwelkom.

Wie sal daarvan hou?

Die karakters word dikwels met stereotipe­s uitgebeeld, en as dit nie iets is wat by jou aanklank vind nie, sal ’n hele paar grappies platval. Tog is die humor soms onverwags en sal jy gereeld vir die komiese karakters lag. Die intrige het genoeg byt om ’n mens se aandag te boei, maar dit voel soms soos iets wat jy reeds gesien het. Die aksietonel­e is goed in die storie verweef om die intensitei­t van die film te verhoog. Die kitaarmees­ter Loki Rothman se klankbaan help ook om die spanning te versterk en tonele natuurlik in te kleur.

Springmiel­iefeite

Dit is die derde keer dat Quentin Krog ’n fliek regisseer, ná Ballade vir ’n Enkeling (2015) en Vir die Voëls (2016). Dit het sowat sewe maande geduur om die draaiboek te skryf, vertel Quentin. Leandie en Bouwer wou nie verliefdes speel nie, toe word besluit die twee hoofkarakt­ers is broer en suster.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa