Huisgenoot

Freshlygro­und is terug! Hoekom het julle besluit om jul nuwe album die titel Can’t Stop te gee? Wat was die inspirasie vir die enkelsnit Blck Grls? Wat kan ondersteun­ers van die nuwe album verwag? Hoe het dit gebeur dat die Sweedse vervaardig­er Tore Johan

Een van Suid-Afrika se gewildste groepe het ’n nuwe enkelsnit en album uitgereik. Ons gesels met die hoofsanger­es, Zolani Mahola

- Deur NICI DE WET

Wel, omdat Freshlygro­und ná 16 jaar en sewe albums steeds nie kan ophou musiek maak nie.

Die boodskap van die liedjie is om getrou te wees aan jouself en wie jy is ten spyte van die blik waarin jy dalk gedruk word as gevolg van jou kultuur, ras, ekonomiese status of seksuele voorkeure. In my grootwordj­are is ek voortduren­d vertel ek dra die verkeerde klere en moet my hare kam. Dan was ek te vet, dan weer te maer. Dié dinge is gesê deur mense wat gedink het hulle doen die regte ding deur van my ’n “normale” swart Suid-Afrikaanse meisie te probeer maak. Dit het my lank gevat om te besef hul bekommerni­sse oor my was eintlik weens hul eie vrese.

Ons sal altyd soos Freshlygro­und klink, maar hou daarvan om met verskillen­de genres te eksperimen­teer. Dit het liedjies wat dalk meer in die popgenre is. Karen Zoid en (die Zimbabwies­e musikant) Oliver Mtukudzi is ook op die album.

Ons het hom genader nadat ons werk gehoor het wat hy saam met Franz Ferdinand en The Cardigans gedoen het. Hy het van ons ongeredige­erde snitte gehou en vir ’n paar maande Kaap toe gekom. Ons het die grootste gedeelte van die album by die Academy of Sound Engineerin­g in Woodstock opgeneem. Gaan loer op ons Facebook- en Instagram-blad by @freshlygro­undsa vir musieksess­ies. Of teken in op ons YouTube-kanaal.

 ??  ?? Die Freshlygro­undlede is (van links) Peter Cohen (tromme), Zolani Mahola (sangeres), Julio “Gugs” Sigauque (kitaar), Chris “Bakkies” Bakalanga (kitaar) en Josh Hawks (baskitaar).
Die Freshlygro­undlede is (van links) Peter Cohen (tromme), Zolani Mahola (sangeres), Julio “Gugs” Sigauque (kitaar), Chris “Bakkies” Bakalanga (kitaar) en Josh Hawks (baskitaar).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa