Huisgenoot

Hildegardt verstaan Bonita se pyn

Hildegardt se 7de Laan-karakter is desperaat om haar siek seuntjie se lewe te red; net so het sy self benoude tye beleef toe haar eersteling by geboorte ’n lekkende hartklep ontwikkel

- Deur MICHELLE NORTJE Foto’s MARTIN DE KOCK

’ NOOMBLIK lank verwag ons om ’n vrou in ’ n vaal, vormlose tronkunifo­rm in die deur te sien, haar gesigsuitd­rukking strak en uitdagend.

Maar met haar sagtepienk trui, spykerhakk­e met ’n luiperdvel­patroon en glansende hare lyk Hildegardt Whites allermins soos 7de Laan se Bonita Meintjies. Tog het die aktrise en haar karakter meer gemeen as wat ’n mens sou dink.

Nee, anders as haar karakter was Hildegardt nog nooit agter tralies nie. Maar wat sy alte goed ken, is haar karakter se desperaath­eid dat haar kind sal bly leef.

“Dit was nie maklik om dié storielyn te verfilm nie, maar ek het van die uitdaging gehou,” sê Hildegardt eksklusief aan ons oor die tonele wat kykers die laaste ruk vasgenael hou.

Aanhangers van die SABC2-sepie gons oor die dramatiese intrige waarin Bonita agter tralies beland het weens die ontvoering van Vanessa (gespeel deur Ingrid Paulus) en Xander (Theodore Jantjies) se baba, Karmen (Gabriella Linton).

Die rede vir die misdaad? Bonita se eie seuntjie, Daniel (Riley Moses), ly aan ’n seldsame beenmurgsi­ekte – en Karmen, sy halfsussie, is al geskikte skenker.

Boonop het Bonita brand gestig in die tronk om haar eie lewe te neem nadat Charmaine (Vinette Ebrahim) se tweelingsu­ster, Vivian (ook Vinette), vir haar gejok en gesê het klein Daniel is dood.

Die tronkstori­elyn het kykers so meegevoer, na raming het tot 3 miljoen ingeskakel om daarna te kyk, sê 7de Laan se woordvoerd­er, Rosa-Mari le Roux. “Van al die tonele was dié waarin Karmen deur Bonita ontvoer word vir my die moeilikste,” vertel Hildegardt nou.

Hildegardt (31) en haar man, die mu- sikant Kuba Silkiewicz (32), het onlangs self as ouers harde bene gekou. Hul eersteling, Miles (1), het by geboorte op 25 April verlede jaar ’n lekkende hartklep ontwikkel. “Dit was baie moeilik vir ons. Hy was so klein. Dit het gevoel of ek niks vir hom kon doen nie,” sê Hildegardt.

Chirurgie was al raad. Die operasie is enkele dae ná sy geboorte uitgevoer in Johannesbu­rg se Sunninghil­l-hospitaal en die outjie moes twee weke lank in die hoësorgeen­heid bly. Dit was ’n spannende, traumaties­e tyd vir sy besorgde ouers, maar die operasie was ’n sukses.

“Dit was swaar, maar ons is daardeur. Die Here was baie goed vir ons, en kyk net: Hy is 100% gesond,” sê Hildegardt en kyk liefdevol na die bedrywige seuntjie wat homself nou vermaak terwyl ons met mamma en pappa gesels.

Kuba moes sterk wees vir sy vrou en kind. “Ek het afgesluit in my kop; daar was nie tyd om emosioneel te wees nie.

In sulke situasies dink ek nie; ek doen net. Ek fokus,” sê hy.

“Ek kon nie onmiddelli­k by Miles wees nie,” voeg Hildegardt by. “Ek was te swak nadat ek ’n keisersnee gehad het. Kuba was op en af tussen my en Miles.”

Sy bly ’n oomblik lank stil voor sy weer aan haar TV-karakter dink.

“Ja, gelukkig het ek Kuba gehad,” sê sy. “Bonita was alleen en sy moes op haar eie met haar emosies worstel . . .”

TYDENS die verfilming van die gedeeltes oor Daniel se siekte en Bonita se angs en wanhopige optrede het Hildegardt soms “verskrikli­k baie gehuil” nadat sy in moeilike tonele gespeel het, erken sy ruiterlik.

Dit was nie soseer dat die tonele ou wonde oopgekrap het nie. “Ek het sterk geword ná Miles se siekte; daarom kan ek vandag met oorgawe die rol van ’n ma vertolk wat enigiets vir haar kind sal doen,” verduideli­k sy.

In die sepie is Bonita getroud met Xander se broer, Vince ( Jacques Blignaut). Maar ’n maand ná ’n passievoll­e aand tussen haar en Xander besef sy sy verwag.

Ná Daniel se geboorte het swangerska­pstoetse gewys hy is Xander se kind. Bonita en Vince is toe geskei.

Bonita het alles in haar vermoë gedoen om ’n gesin te probeer skep vir haar, ’n teësinnige Xander en hul kind. Sy het selfs aanvanklik voorgegee Daniel is siek, net om Xander te behou.

Maar dit was eers heelwat later, toe Daniel werklik siek raak en niemand haar wil glo nie, dat sy Karmen uit radelooshe­id ontvoer het om die dogtertjie se beenmurg vir Daniel te probeer kry.

“As ek nie self ’n ma was nie, weet ek nie hoe ek hierdie rol sou kon vertolk nie,” sê Hildegardt, “maar ek het haar seer verstaan. ’n Ma sal enigiets vir haar kind doen. Ek het dit ervaar toe Miles so siek was,” sê sy.

Natuurlik, voeg sy by, sal sy self nooit so ver gaan om ’n kind te ontvoer nie.

Om op die tonele voor te berei, het sy onder meer na YouTube-video’s oor depressie, veral nageboorte­like depressie, gekyk.

“Wanneer ek Bonita speel, speel ek met alles in my liggaam. My lyf is seer wanneer ek saans by die huis kom,” sê sy.

TOE sy vir die eerste keer die draaiboek met Bonita en Daniel se storielyn sien, was sy tegelyk bang én opgewonde.

“Ek was verskrikli­k excited, maar ook op my senuwees,” vertel sy oor die uitdagende intrige.

Dit was veral haar Laan-vriendinne Vinette, Bertha le Roux (wat as Miems na die sepie terugkeer) en Ingrid Paulus (Vanessa) wat haar geïnspiree­r het om voluit in elke toneel te speel. “Hulle is fenomenale vroue wat hul hart uitspeel.”

Maar af en toe het haar eie gevoelens wel in haar agterkop gedwaal en haar uitgeput. “Ek het al my eie emosies ingespan en was moeg ná elke emosionele toneel. Maar al was dit ’n uitdaging, het ek dit geniet.”

Kuba het haar deurentyd bygestaan. Hoewel hy nie aldag geweet het watter tonele sy op ’n bepaalde dag sou verfilm nie, het hy haar getrou gesteun.

“Ek praat nie baie oor my werk nie,” sê Hildegardt. “Ek is ’n groot meisie en kan dit hanteer.” Tog voeg sy dadelik by: “Ons leer wel saam aan my woorde. Dit is verskrikli­k lekker en spesiaal.”

Tuis hou die woelige, dierbare Miles met sy krullebol en groot ogies Hildegardt deesdae lekker besig. Ná ’n lang dag op die stel is sy eers met oorgawe ma voor sy op die volgende dag se tonele kan voorberei. “Hy eet en bad en dan moet ek vir hom sing of ’n storie lees. Dan begin ek en Kuba eers woorde leer – met baie koffie tussenin!” lag sy.

Miles is sy pa se hart se punt en hulle luister graag saam na musiek. Al is die outjie nog bloedjonk, het hy reeds gesofistik­eerde smaak.

“Miles is verskrikli­k lief vir musiek, veral jazz,” vertel Hildegardt.

Terwyl Kuba aan nuwe musiekstuk­ke werk, sal Miles by hom sit en dan “wil hy net kitaar speel”.

Die seuntjie, wat meer van Bach as die animasieka­rakter Barney hou, is die paartjie se “wonderwerk­ie”.

“My hart klop tjoklits vir hom,” sê Hildegardt. “Hy is die rede waarom ek so passievol oor Bonita en Daniel se storielyn is.”

Kuba voel dieselfde oor sy vrou en seuntjie. “Ek sal enigiets vir hulle doen!”

Maar gelukkig is die uitdaging wat dié ouers moes trotseer iets van die verlede en kan hulle hulle nou elke dag verwonder aan die avontuur en kosbare oomblikke wat ouerskap meebring.

En arme Bonita – wat lê vir haar voor? Hildegardt glimlag net geheimsinn­ig. Daar kom nog hope drama . . .

 ??  ?? Die 7de Laanaktris­e en sangeres Hildegardt Whites en haar musiekman, Kuba Silkiewicz, is smoorverli­ef op hul eersteling, Miles.
Die 7de Laanaktris­e en sangeres Hildegardt Whites en haar musiekman, Kuba Silkiewicz, is smoorverli­ef op hul eersteling, Miles.
 ??  ?? Haar sepiekarak­ter, Bonita, se tronktonel­e en desperate optrede hou miljoene kykers vasgenael.
Haar sepiekarak­ter, Bonita, se tronktonel­e en desperate optrede hou miljoene kykers vasgenael.
 ??  ??
 ??  ?? BO: BO Kleini Kl Mil Miles se ouers noem hhom hhull “wonderwerk­ie” nadat hy 100% van ’n lekkende hartklep herstel het. REGS: Hildegardt vertel sy sal enigiets vir haar kind doen.
BO: BO Kleini Kl Mil Miles se ouers noem hhom hhull “wonderwerk­ie” nadat hy 100% van ’n lekkende hartklep herstel het. REGS: Hildegardt vertel sy sal enigiets vir haar kind doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa