Huisgenoot

Leandie, Bouwer speel sibbes in fliek

Die akteurspaa­r Leandie en Bouwer is in ’n nuwe fliek ’n broer en suster wat ’n ‘egpaar’ word

- Deur MICHELLE NORTJE

DIT klink na ’n strikvraag: Hoe word man en vrou eers boet en sus en dan weer man en vrou? Dis maklik as hul name Leandie en Bouwer is. Iemand moet net roep: “Ligte, kamera, aksie!” Net omdat ’n akteurspaa­r getroud is in die regte lewe, beteken dit nie hulle kan nie gedaante wissel en sommer ’n heel ander verhouding voor die kameras uitleef nie. Veral as hulle boonop saam vervaardig­ers is van die fliek waarin hulle die hoofrolle vertolk.

Met die nuwe komedie Thys & Trix maak Leandie du Randt Bosch (29) haar debuut as vervaardig­er. Die medevervaa­rdiger is haar vertroueli­ng en man, Bouwer Bosch (34).

In dié fliek werk hul karakters, die broer en suster Thys en Trix, albei vir die polisie, maar hulle kom glad nie oor die weg nie. Dan moet die twee onder die dekmantel saamwerk – as ’n getroude paartjie.

Die akteurspaa­r, wat in 2015 getroud is, het mekaar ontmoet toe hulle saamgewerk het aan die 2012-romanse Klein Karoo. Hulle was in 2015 saam in die fliek Mooirivier, en verlede jaar het Leandie ook ’n rol in Vuil Wasgoed vertolk, die fliek wat Bouwer saam met sy boesemvrie­nd Bennie Fourie gemaak het.

Leandie borrel toe sy vertel hoe lekker dit is om saam met haar beste pel te werk.

“Ons verstaan mekaar en gee mekaar die vryheid om verskillen­d vir rolle voor te berei.”

Terwyl Bouwer die op-die-ingewingva­n-die-oomblik-ou is, is sy die perfeksion­istiese een wat “letterlik vir die hele dag in ’n karakter se vel inklim”, sê sy.

“Ek sal twee dae voor die tyd al my woorde ken, terwyl Bouwer die oggend voor ons moet skiet eers syne leer.”

Met die maak van Thys & Trix het hulle 25 dae aaneen geskiet. Leandie vertel dis veral Bouwer se teenwoordi­gheid wat haar in dié dolle tyd rustig gemaak het.

“Dit was so lekker om heeltyd my man by my te hê. Al het ons nie noodwendig gehaltetyd saam deurgebrin­g nie, was dit lekker om sy energie te voel.

“Bouwer is goed met krisisbehe­er en vat dinge nie te ernstig op nie. Ek leer baie by hom,” sê die aktrise wat ook as motivering­spreker optree en die eienaar van haar eie klerereeks, Skoonma, is.

Al stem sy en manlief nie oor alles 100% saam nie, voel hulle “100%

dieselfde” oor die belangrike dinge, vertel sy.

Sy is meer georganise­erd; hy meer kreatief. “Ek is die linkerbrei­n en Bouwer die regterbrei­n in ons verhouding,” sê sy. “Ons humor, waardes en geloof is dieselfde.

“Ons verskil, maar wanneer ons mekaar net aanvaar, kom daar vryheid en skoonheid.”

Sy glo hul verhouding bly nuut en vars omdat hulle mekaar soms weens die aard van hul loopbaan ’n ruk nie sien nie en altyd waardering het vir tyd saam. “Daar is nie tyd om moeg te word vir mekaar nie. Ons gebruik eerder dié tyd om mekaar te mis.”

DIE idee vir Thys & Trix het in 2016 ontstaan toe Leandie se pa, Neels du Randt, hulle een aand van sy destydse troudag met Leandie se ma, Elmarie, vertel. (Elmarie is in Mei 2014 weens alzheimers­iekte oorlede.)

“Hy en my ma het sommer elfuur die oggend in die kerk getrou, ’n vingerete in die kerksaal gehou en met trouklere en al in die kar gespring op pad na hul wittebrood,” vertel Leandie.

Daardie middag het ’n verkeersbe­ampte hulle afgetrek, en toe hy hul trouklere en die kar vol geskenke sien, was hy so gaaf hy het hulle sommer opgewonde gelukgewen­s.

“My pa sê toe: ‘Dit is nogal ’n maklike manier om die wet te omseil . . .’ En net daar besef ons dit kan ’n cool fliek maak,” vertel Leandie met ’n laggie.

Sy en Bouwer wou nog altyd saam ’n fliek maak, maar hulle wou nie sommer enigiets aanpak nie. “Ek het vir Bouwer gesê ek wil nie sy lover speel nie omdat dit net te voorspelba­ar sou wees.” Toe besluit hulle om eerder ’n broer en suster vir die fliek te skep.

IN DIE regte lewe is Leandie “geseën met ’n broer wat ook my beste vriend is”, vertel sy. Haar ouboet, Corné du Randt (35), is ’n rekenmeest­er by ’n finansiële instelling. “Hy is die een met die breins in die familie,” lag sy. Anders as in Thys & Trix is sy en haar ware broer besonder geheg aan mekaar.

“Ek deel al my hartsake met hom en probeer om minstens een keer per week by hom en sy vrou, Michelle, vir wie ek net so lief is, oor te slaap.”

Corné en Michelle (34) se seuntjie, die vierjarige Cayleb, is Leandie se peetkind. Dit is dié kleinman wat die rol vertolk het van die aanneemseu­ntjie, DJ, van Ivanka Gouws, haar karakter in Binnelande­rs.

As kinders op Makwassie in Noordwes, waar hul pa predikant was, het Leandie en Corné ook maar “lekker stry gekry”, vertel die aktrise.

Sy vertel hoe haar ouboet haar kleintyd geterg het en sy dan verskrikli­k kwaad geword het. Vandag is Leandie dankbaar vir daardie tye omdat dit haar “taai” gemaak het en gesorg het dat sy nie “te sensitief ” is nie.

“My ma het altyd gesê ek moet dit as ’n kompliment beskou wanneer hy my terg, want dit beteken hy hou van my,” sê sy.

Tydens gesinsvaka­nsies het sy ’n liniaal tussen haar en Corné op die agterste sitplek van die motor gesit sodat hy “op sy plek moet bly en ek op myne”. Maar vandag is hulle so na aan mekaar sy lê selfs met haar kop op sy skoot wanneer hulle see toe ry.

“Dit is vir my ’n ongeloofli­k groot voorreg om ’n hegte verhouding met my broer te kan hê. Hy is my alles, en ons het veral ’n ekstra vlak van nabyheid bereik toe ons ma oorlede is.” En nou het sy sommer twee broers – een in die regte lewe en een op die silwerdoek. S BThys & Trix begin op 22 Junie. Lees ’n resensie op bl. 50.

 ??  ?? Die pragtige Leandie du Randt Bosch speel eersdaags teenoor haar man, Bouwer Bosch, as sy suster in die fliek Thys & Trix.
Die pragtige Leandie du Randt Bosch speel eersdaags teenoor haar man, Bouwer Bosch, as sy suster in die fliek Thys & Trix.
 ??  ?? LINKS BO: LLeandie en haar regte broer, Corné du Randt, is baie geheg aan mekaar; sy beskou hom as een van haar beste vriende. BO: Leandie en Bouwer in ’n toneel uit Thys & Trix. REGS BO: Hulle sal in November vanjaar drie jaar getroud wees. Leandie is van 2 Julie af weer die aanbieder van kykNET se reeks Slank.
LINKS BO: LLeandie en haar regte broer, Corné du Randt, is baie geheg aan mekaar; sy beskou hom as een van haar beste vriende. BO: Leandie en Bouwer in ’n toneel uit Thys & Trix. REGS BO: Hulle sal in November vanjaar drie jaar getroud wees. Leandie is van 2 Julie af weer die aanbieder van kykNET se reeks Slank.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa