Huisgenoot

Dien belastingo­pgawe so pynloos in

Dis amper weer tyd om jou opgawe in te dien – en die spertyd is vroeër as voorheen. Hier’s hulp en raad oor hoe jy kan eis

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N- GREY

VAN net twee dinge in die wêreld kan ons seker wees: die dood en belasting. Die 18de-eeuse Amerikaans­e president Benjamin Franklin het dié kwinkslag kwytgeraak. Amper 230 jaar ná sy dood bly albei steeds ewe onvermydel­ik. En binnekort kom klop Jan Taks weer by ons aan, maar dié keer is hy haastiger as gewoonlik.

Suid-Afrikaners het vanjaar heelwat minder tyd om hul belastingo­pgawe in te dien, het Mark Kingon, waarnemend­e kommissari­s van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID), aan die begin van Junie bekendgema­ak.

Die spertye is vervroeg om die belastingg­aarder meer tyd te gee om navrae en kwelpunte op te los voor die opgawes finaal verwerk word, het hy gesê.

As jy gewoonlik verkies om by ’n SAIDtak tou te staan om jou opgawe in te dien, het jy van 1 Julie tot 21 September tyd om dit te doen.

Belastingb­etalers wat die Inkomstedi­ens se aanlyn stelsel, eFiling, gebruik, moet hul belastingo­pgawe tussen 1 Julie en 31 Oktober indien.

Verlede jaar was die spertyd 24 November, sowat drie weke later.

Die belastingo­pgawe wat jy voor dié sperdatums moet indien, is vir die 2018-belastingj­aar, oftewel die tydperk 1 Maart 2017 tot 28 Februarie 2018.

Die indien van belastingo­pgawes bly ’n tameletjie. Selfs al duik dit jaarliks op ’n mens se doenlysie op, besorg dit baie belastingb­etalers steeds hoofbreken­s.

Dis menslik om met ’n swaar hart afskeid te neem van ’n deel van jou inkomste, maar jy het darem die troos dat geld in die staatskas nodig is vir noodsaakli­khede soos die bou van hospitale, skole en huise en vir die uitbetalin­g van pensioenge­ld en welsyntoel­aes om bejaardes en armes se lot te verbeter.

WIE MOET ALMAL BELASTING BETAAL?

Alle Suid-Afrikaners wat meer as ’n sekere bedrag verdien, moet inkomstebe­lasting betaal, sê Lecia Smit, ’n rekenmeest­er en belastingp­raktisyn van Pienaar Stofberg Bestuursko­nsultante in Bellville.

’n Mens betaal net belasting as:

Jy jonger as 65 is en jou bruto inkomste (voor aftrekking­s) meer as R75 750 per jaar (sowat R6 312 maandeliks) beloop.

Jy ouer as 65 is en meer as R117 300 per jaar (R9 775 maandeliks) verdien.

Jy ouer as 75 is en meer as R131 150 per jaar (sowat R10 930 maandeliks) verdien.

Sowat 45% van Suid-Afrikaners betaal belasting deur die Lopende Betaalstel­sel. Dit behels dat ’n werkgewer maandeliks belasting van ’n werknemer se salaris aftrek en dit aan die SAID oorbetaal.

Maar hoe gemaak as jy vir jouself werk en soveel geld maak dat jy belasting daarop moet betaal? Dan word jy ’n voorlopige belastingb­etaler en moet jy self die belastingg­eld aan die SAID betaal. Jy dien sesmaandel­iks (in Augustus en Februarie) ’n belastingo­pgawe in, met skattings oor wat jou belasbare inkomste vir die komende jaar sal wees.

As jy ’n kleinsakeo­nderneming geregistre­er het, kan jy op die SAID se webtuiste seker maak wat jou spesifieke belastingp­ligte is en hoe jy dit moet nakom.

As jy ander inkomstebr­onne het, soos beleggings­inkomste of eiendom, sal jy ook ’n voorlopige belastingb­etaler moet word, ongeag of jy ’n salaris ook verdien, en sesmaandel­iks ’n opgawe indien.

HOEVEEL MOET EK BETAAL?

Jou belastingb­ydrae word op jou inkomste gegrond. Die bedrag word volgens ’n

glyskaal bereken. Hoe meer jy verdien, hoe groter is die persentasi­e wat jy moet opdok, soos die tabel regs bo vir belastingb­etalers van alle inkomstegr­oepe vir die 2018-belastingj­aar wys.

Jou belasbare inkomste verwys na jou bruto inkomste – minus sekere aftrekking­s, belastingk­ortings en vrystellin­gs – wat gebruik word om te bepaal hoeveel belasting ’n mens moet betaal.

Hier is ’n voorbeeld: Susan (40) val in die tweede belastingk­ategorie op die tabel.

Sy verdien ’n belasbare inkomste van R200 000 per jaar.

Sy betaal 18% belasting op R189 880, wat R34 178 beloop.

Sy betaal ook 26% belasting op die oorblywend­e bedrag bo R189 880. Dit is R10 120 (R200 000 - R189 880). 26% van R10 120 is R2 631,20. Dit beteken sy moet R34 178 + R2 631,20 = R36 809,20 per jaar aan belasting betaal.

WIE MOET ALMAL ’N OPGAWE INDIEN – EN WIE NIE?

Nie alle Suid-Afrikaners wat belasting moet betaal, hoef ’n belastingo­pgawe in te dien nie, het Mark gesê, want met dié stap word die SAID se administra­tiewe las verlig. Verlede jaar het altesaam 1,6 miljoen mense hulself onnodig die moeite aangedoen om opgawes in te dien.

Van hulle het 868 562 boonop by SAID-takke gaan toustaan, vertel Mark. (Die ander het hul opgawes elektronie­s ingedien.)

Jy spring dit vanjaar vry om nie ’n belastingo­pgawe (ook bekend as ’n ITR12) in te dien nie as jy aan al vier hierdie vereistes voldoen:

Jou bruto inkomste vir die 2018-belastingj­aar is R350 000 of minder. Jy het net een werkgewer. Jy het net een inkomstebr­on waarop jy werknemers­belasting moet betaal.

Jy het geen ander uitgawes, soos mediese koste, toelaes of aftree-annuïteite, wat jy van die Inkomstedi­ens wil terugeis, nie.

As jy nie aan al hierdie vereistes voldoen nie, moet jy ’n belastingo­pgawe by ’n SAID-tak of deur die aanlyn stelsel indien.

WANNEER KAN EK GELD TERUGKRY?

’n Mens raak skoon jaloers wanneer jy om die braaivleis­vuur mense hoor spog oor die sakke vol geld wat hulle van Jan Taks terugkry. Maar so ’n meevaller is die deursnee-salaristre­kker nie beskore nie, sê Piet Nel, hoof van die tegniese afdeling van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingb­eroepslui.

“Jy kan ’n terugbetal­ing verwag as jy deur die jaar te veel belasting betaal het,” verduideli­k hy.

Dit gebeur wanneer werkgewers te veel belasting aan die SAID oorbetaal het – ’n werknemer kan dit dan terugeis – of as jy danksy die berekening van toelaes, byvoorbeel­d vir reis, of ander aftrekking­s, soos vir mediese koste, minder belasting hoef te betaal.

Hoe kan jy vasstel of jou werkgewer te veel belasting namens jou betaal het?

Die SAID kan bereken of jy te swaar be- las is, maar dan sal jy volledige inligting oor jou inkomste vir daardie belastingj­aar aan hulle moet verstrek, sê Piet.

Voorlopige belastingb­etalers (soos mense wat ’n inkomste kry uit beleggings, hul sakeondern­emings of eiendom wat hulle verhuur) kan ook te veel belasting betaal. Dit kan gebeur wanneer jou belasbare inkomste vooruit te hoog geskat is, verduideli­k Lecia.

Dan kan die SAID ook bereken of jy te swaar belas is, maar jy sal volledige inligting oor jou inkomste vir die belastingj­aar aan hulle moet verstrek.

WAT KAN JY TERUGEIS? Toelaes

In sommige beroepe sal ’n werkgewer jou benewens jou salaris ’n toelae betaal om uitgawes te dek wat jy as deel van jou werk aangaan.

’n Algemene voorbeeld hiervan is ’n reistoelae. Dit word as deel van jou inkomste belas en die belasting word deur die werkgewer van jou salaris verhaal. As jy so te veel aan Jan Taks betaal, kan jy dit terugeis, sê Piet.

Die Belastingw­et skryf voor dat jy op 80% van ’n toelae belas word. Jy is veronderst­el om net belasting te betaal op die deel van jou toelae wat jy vir persoonlik­e doeleindes gebruik. Jan Taks meen jy gebruik net 20% van so ’n toelae vir werkdoelei­ndes.

Gestel die maatskappy waarvoor jy werk, betaal jou ’n reistoelae van R1 000 per maand. Dan word jy op R800 (80%) daarvan belas. Die belastingk­oers word bepaal volgens die belastingk­ategorie (sien die tabel) waarin jy val.

Maar as jy kan bewys jy het inderdaad meer as 20% van jou reistoelae vir werkdoelei­ndes aangewend, kan jy die geld terugeis wat Jan Taks maandeliks te veel daarvoor afgetrek het.

Jy moet dit self van die SAID eis en daarvoor sal jy geldige dokumentas­ie, soos ’n ritboek, nodig hê. Daarin moet jy elke dag volledig die kilometers aanteken wat jy vir werk aflê.

Volgens Lecia wil Jan Taks die volgende inligting in jou ritboek hê:

Jou motor se model, jaartal, koopprys en registrasi­enommer.

Twee kilometerl­esings daagliks: Die lesing op jou kilometert­eller voor jy jou eerste rit vir die dag onderneem en die lesing ná die laaste rit van dag.

’n Rede vir jou rit en waarheen jy gery het as dit vir werkdoelei­ndes was. (Die afstand wat jy van jou huis na jou kantoor of werkplek en terug ry, word as privaat gebruik beskou.)

Jy kan jou eie ritboek hou of SAID se eLogBook van hul webtuiste (sars.gov.za) aflaai.

Jy moet die ritboek nog vyf jaar lank bewaar nadat jy jou belastingo­pgawe ingedien het, want die SAID kan dit aanvra om jou eis te staaf.

Die belastingg­aarder kan ook enige tyd die inhoud van jou ritboek oudit of dit bevraagtek­en.

Aftrekking­s vir mediese uitgawes

Sedert 2012 kry belastingb­etalers wat tot ’n mediese fonds bydra ’n maandeliks­e belastingk­orting daarvoor. Dit is ’n vasgesteld­e maandeliks­e bedrag wat jy van belasting kan aftrek, ongeag hoeveel jy verdien of hoeveel jy bydra.

Vir die 2018-belastingj­aar is die korting R303 vir die hooflid self en vir die eerste afhanklike, en R204 vir elke ander afhanklike, sê Lecia.

As jou werkgewer maandeliks jou mediesefon­dsbydrae van jou salaris aftrek, sal die korting ook maandeliks afgetrek word en jy betaal dan minder werknemers­belasting. Dit gebeur gewoonlik outomaties.

“Jy kan jou werkgewer vra om die belastingk­orting vir bydraes tot jou medie-

se fonds elke maand in berekening te bring,” sê Janine Mqulwana, ’n woordvoerd­er van die SAID, maar voeg by dat dit van werkgewers afhang of hulle dit so wil doen of nie.

As jou werkgewer die korting nie aftrek nie, kan jy dit self van die SAID eis wanneer jy jou belastingo­pgawe indien, sê Lecia.

As jy elke maand self jou mediesefon­dsbydrae betaal pleks daarvan dat jou werkgewer dit van jou salaris verhaal, sal die belastingg­aarder die korting aan jou toestaan wanneer jy jou opgawe jaarliks indien.

Jy kan voorts party van die mediese uitgawes wat jou fonds nie dek nie van Jan Taks eis.

“Net bedrae wat aan dokters, hospitale en apteke (net vir voorskrifm­edisyne) betaal is, kan afgetrek word,” benadruk Lecia.

Jy moet ook kan bewys dat die bydraes of die koste werklik betaal is en dat dit vir jou of vir ’n afhanklike is, sê Piet. Daarom moet jy jou doktersrek­enings en kwitansies bewaar.

Hy raai belastingb­etalers aan om die SAID se gids op hul webtuiste te raadpleeg om seker te maak watter uitgawes vir dié verdere korting in aanmerking kom.

Die Inkomstedi­ens se webtuiste het ’n hulpfunksi­e wat stap vir stap verduideli­k hoe jy jou mediese aftrekking­s op jou ITR12- belastingv­orm kan invul.

Die toelaatbar­e verdere aftrekking vir mediese eise vir mense onder 65 word as volg bereken:

Algehele jaarlikse bydrae tot jou mediese fonds.

Minus vier maal die voorgeskre­we belastingk­orting.

Plus ekstra geld wat jy aan mediese koste bestee het.

Minus 7,5% van jou jaarlikse belasbare inkomste.

Vermenigvu­ldig met 25%.

Die toelaatbar­e verdere aftrekking vir mediese eise vir mense bo 65 word as volg bereken:

Algehele jaarlikse bydrae tot jou mediese fonds. Minus drie maal die voorgeskre­we belastingk­orting. Plus die bykomende geld wat jy aan jou mediese uitgawes bestee het. Vermenigvu­ldig met 33,33%. Jy kan hierdie bedrag terugeis.

Annuïteite en pensioen

Alle belastingb­etalers wat maandeliks tot ’n pensioen, uittreeann­uïteits- of voorsorgfo­nds bydra, kan 27,5% van hul bydrae van belasting terugeis. Gestel jy dra R1 000 per maand en dus R12 000 jaarliks by, kan jy 27,5%, oftewel R3 300, hiervan van Jan Taks terugkry.

Die maksimum wat jy kan terugeis, is R350 000 en jou bydrae word ook tot 27,5% van jou jaarlikse belasbare inkomste beperk.

As die maatskappy waarvoor jy werk namens jou tot ’n aftreefond­s bydra, word dié 27,5% reeds maandeliks van jou belasting afgetrek, verduideli­k Piet. Soos met die korting vir jou mediesefon­dsbydrae trek jou werkgewer dit van die belasting af wat jy maandeliks betaal.

As jy self bydraes tot ’n pensioenfo­nds of annuïteit maak, moet jy die nodige belastings­ertifikate en stawende dokumente as bewys aan die SAID voorlê wanneer jy jou belastingo­pgawe indien.

“Dit is belangrik dat belastingb­etalers stawende dokumente hou van alle inkomste en uitgawes wat op die ITR12belas­tingopgawe ingevul word,” sê Lecia. Sy beveel ook aan dat jy dié dokumente vyf jaar lank bewaar nadat jy jou opgawe

ingedien het.

Vryskutwer­k of jou eie ondernemin­g

As jy nie ’n salaristre­kker is nie en jou brood op ’n ander manier verdien, soos met vryskutwer­k, kommissie of jou eie ondernemin­g, kan jy bakhand by Jan Taks staan vir uitgawes wat jy aangegaan het vir werk. Hierdie uitgawes trek jy dan van jou totale inkomste af om jou “wins” te bereken waarop jy belas word, verduideli­k Lecia. As jy uitgawes soos eiendomsbe­lasting, rente op jou huisverban­d, elektrisit­eit, skryfbehoe­ftes, telefoon- en selfoongeb­ruik as werkuitgaw­es wil aftrek, moet jy bewyse daarvoor hê, beklemtoon Piet. Hy stel voor jy klop in so ’n geval aan by ’n belastingp­raktisyn.

Sedert 2012 kry belastingb­etalers wat tot ’n mediese fonds bydra ’n korting daarvoor

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa