Huisgenoot

Vrou getuig uit graf ná branddood

Judy is oorlede twee jaar nadat haar eksverloof­de haar aan die brand gesteek het, maar getuig teen hom in ’n geskiedkun­dige saak

- Saamgestel deur COLIN HENDRICKS BRONNE: SUN.CO.UK, INDEPENDEN­T.CO.UK, DAILYSTAR.CO.UK, NYPOST.COM, PEOPLE.COM, DAILYMAIL.CO.UK

WANNEER Michael Slager binnekort weens die moord op sy eksverloof­de teregstaan, sal ’n stem uit die graf hom beskuldig. Sy slagoffer sal aan die hof beskryf hoe hy by ’n vulstasie in Gahanna, Ohio, petrol oor haar gegiet en haar toe met sy sigaret aan die brand gesteek het. In haar eie stem sal sy vertel hoe sy na Bo om hulp geskree het terwyl die vlamme haar verswelg het.

In ’n geskiedkun­dige oomblik in die Amerikaans­e regsplegin­g sal Judy Malinowski teen Slager getuig deur ’n video wat opgeneem is voor sy in Junie 2017 beswyk het aan die brandwonde wat sy in Augustus 2015 opgedoen het. En Slager, wat reeds tronkstraf uitdien weens die afskuwelik­e aanval, sal binnekort opnuut teregstaan; dié keer weens moord.

Haar regspan het haar getuienis op video vasgelê toe hulle besef sy verloor haar twee jaar lange oorlewings­tryd.

Maar dis nie al bydrae tot die regsplegin­g wat uit haar lyding gespruit het nie. Danksy ’n wysiging aan die deelstaat Ohio se strafreg waarvoor sy gepleit het, is die maksimum vonnis vir die misdaad van verminking, waaraan Slager reeds skuldig bevind is, met ses jaar verleng.

Dit staan as Judy Se Wet bekend.

‘ EK HET nooit geweet ’n mens kan so boos wees nie,” het Judy (33) kort voor haar dood aan die Britse poniekoera­nt The Sun gesê. “Hy’t net daar gestaan en niks gedoen nie.” Sy het gesê sy en Slager (42) het stry gekry. Toe sy wegstap, het hy haar van agter bekruip, petrol oor haar gegooi en haar aan die brand gesteek.

Tydens sy eerste verhoor het Slager aangevoer hy het Judy per ongeluk aan die brand gesteek deur sy sigaret in haar rigting te gooi. Volgens een getuie het Slager die vlamme aan Judy se lyf met ’n brandbluss­er probeer blus. In Desember 2016 is hy 11 jaar tronkstraf opgelê.

Maar Judy se lyding het voortgeduu­r. Sy was twee jaar lank in ’ n hoësorgeen­heid en het 59 operasies ondergaan. Sy het twee vingers, albei ore en al haar blonde hare verloor. Sy het oop wonde aan haar rug en sitvlak gehad, was verlam, en haar stem was net ’n fluisterin­g.

Judy se saak het soveel aandag gekry, Ohio-politici het hulle vir ’n langer maksimum vonnis vir die misdaad verminking begin beywer. Judy het die Ohiosenaat uit haar hospitaalb­ed deur Skype toegespree­k: “My, my kinders en almal om ons se lewe is verwoes. Die bestaande wetgewing is onregverdi­g.”

Sy het op 27 Junie 2017 gesterf, net voor die senaat Judy Se Wet aanvaar het.

Maar dokters het voor haar dood al ’n ruk lank gewaarsku haar toestand gaan vinnig agteruit. Dit het haar regspan laat besluit om op ’n moordverho­or voor te berei terwyl sy aan die lewe vasklou. Toe sy haar laaste asem uitblaas, was haar getuienis reeds op video verfilm.

Slager se moordverho­or sal na verwagting in Julie begin. In ’n voorverhoo­r in Januarie het sy advokaat gesê die video is ontoelaatb­aar, want dis ingevolge burgerlike reg bekom, nie strafreg nie.

Maar regter Guy Reece het van hom verskil. “Sy was kritiek en al een wat oor die voorval kon getuig,” het hy beslis.

Judy se dogter Kaylyn (14) het die geskiedkun­dige besluit verwelkom. “Slager is net 11 jaar tronkstraf opgelê; ek, my ma en my suster het lewenslank gekry.”

Slager het vergeefs probeer om die verhoor na elders te verskuif omdat hy meen hy sal weens openbare belangstel­ling nie in Ohio regverdig verhoor word nie. Hy kan lewenslang­e tronkstraf kry.

Dit was Judy se laaste wens dat haar eie getuienis in die hof aangehoor word, het haar ma, Bonnie Bowes, vertel. “Daardie kind het twee jaar om haar lewe geveg sodat sy self haar storie kon vertel.”

En nou sál sy – uit die graf.

 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Judy Malinowski voor die tragiese voorval wat haar lewe geëis het. INLAS: Judy het twee jaar lank verbete in die hospitaal aanhou veg om haar lewe. ONDER: Michael Slager word nou van moord aangekla.
HOOFFOTO: Judy Malinowski voor die tragiese voorval wat haar lewe geëis het. INLAS: Judy het twee jaar lank verbete in die hospitaal aanhou veg om haar lewe. ONDER: Michael Slager word nou van moord aangekla.
 ??  ?? HAAR AANVALLER
HAAR AANVALLER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa