Huisgenoot

HG-joernalis vind hoop ná insinking

Huisgenoot se Pieter van Zyl, ’n depressie- en angslyer, het onlangs ’n laagtepunt bereik. Hy vertel hoe hy – anders as twee bekendes onlangs – op die regte tyd op die regte plek was om hulp te kry

-

HOE de hel het ek hier beland? wonder ek toe ek tussen die kraakwit hospitaall­inne inkruip en vir my dokters wag. Ek is in bed 18 van saal G in ’n privaat hospitaal, die deel vir psigiatrie­se pasiënte – soos ek. Drie dae tevore het ek dit voel aankom, soos verkoue. ’n Onsigbare vuis klem om my hart; my bors trek toe. Ek word wakker van ’n paniekaanv­al en dit voel asof ek nie kan asem kry nie. In die gim kap ek amper om en ek voel duiselig in die stort en op pad werk toe.

Gelukkig het ek die volgende dag ’n afspraak met my psigiater. Ek huil onverwags en onophoudel­ik. ’n Ontroosbar­e hartseer en hopelooshe­id is diep binne my genestel.

Vir die eerste keer in my lewe oorweeg ek selfdood. Ek voel desperaat.

Die laaste ruk was depressie juis weer in die nuus met die skielike selfdood van die Amerikaans­e modeontwer­per Kate Spade (55) en, kort daarna, die Amerikaans­e sjef en TV- persoonlik­heid Anthony Bourdain (61). Albei was suksesvol, maar albei het glo ’n stryd teen depressie gevoer.

Volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie ( WGO) eis selfdood jaarliks sowat ’n miljoen lewens, waarvan die meeste weens ongediagno­seerde of onbehandel­de depressie is.

Statistiek­e gegrond op die inligting op doodsertif­ikate wys tot 500 mense in Suid-Afrika neem jaarliks hul eie lewe, sê Statistiek­e Suid-Afrika.

Maar volgens navorsers van Africa Check is dié syfer veel hoër: In 2012 het hulle bereken was daar 6 133 gevalle van selfdood in ons land.

Ek dink aan ’n vriend wat homself ’n paar maande gelede in ’n hotel op Beaufort-Wes opgehang het. Sy suster het vir my beeldmater­iaal van veiligheid­skameras gewys van hom wat met ’n sak vol drank opstap na sy kamer toe, vir die laaste keer.

Daar wás voor die tyd tekens. Hy het daaroor gepraat. Hy het sy Facebookpr­ofiel uitgevee. As hy net soos ek betyds hier kon beland het . . .

JY IS op die beste plek waar jy kan wees,” sê een van my vier kamermaats, ’ n politiekew­eten skapstuden­t, asof hy my gedagtes lees. “Wil jy jouself seermaak?” stel die studenteve­rpleër een van talle vrae op my innamevorm. “Nee,” antwoord ek, “ek wil leef.” “Hoekom het dit gebeur?” vra sy oor hoekom ek hier is.

“Want ek’t depressie en angssteuri­ng oorgeërf.”

Nou sit ek, met ’n kalmeerpil wat begin werk, in ’n spreekkame­r saam met my psigiater, wat ’n sakkie met al die pille in my besit deurkyk.

Ek sou eers later uitvind daar was dié keer sekere snellers vir die depressie en angssteuri­ng wat my lewe soos ’n sneeustorm omvergegoo­i het. Die ernstigste een was die verkeerde antidepres­sant wat ek sowat drie maande tevore begin gebruik het. Ek wou toe ophou rook en dit sou my met die onttrekkin­gsimptome help.

Al is my geestesges­ond- - heid nou belangrike­r, is dit t ’n goeie tyd om te probeer r ophou, want toetse wys my y longfunksi­e is nog goed. N Nou moet tk ek bloot wilskrag inspan terwyl die meeste van die psigiatrie­se pasiënte om my stook.

My psigiater skryf vir my ’n ander antidepres­sant voor wat ook met chroniese pyn help. Ek het neurofibro­matose: niekwaadaa­rdige gewasse wat uit die senuwees groei met pynlike gevolge.

’n Sielkundig­e is deel van die span wat ek byna daagliks spreek. Ek en sy praat oor verhouding­s en hoe om bande te verstewig, veral met vriende hier in die Kaap om my steunnetwe­rk te versterk.

Die koswaentji­e drie keer per dag met ’n heilsame dieet help met die genesing.

Al die kundiges bly ons groep herinner ons moet die een of ander tyd weer die wêreld trotseer en daarheen terugkeer: ek, ’ n juwelier, ’ n ver pleër by ’ n daghospita­al, ’n afgetrede ouditeur, ’n dramastude­nt en ’n strukturel­e ingenieur.

Die ingenieur se sneller vir sy ernstige angs is dat sy werk so stresvol is. Mense se lewe is in sy hande. Die student het kwessies met haar gewig en om haar “eie stem te vind”. Die ouditeur is eensaam en die juwelier is ná ’n huwelik van 20 jaar van sy vrou vervreem.

Dit ontgaan my nie dat ek bevoorreg is nie. My mediese fonds dek my behandelin­g hier. Die uitsig uit my bed is op die Kompanjies­tuin en Vlaeberg.

Deur die pillenewel dink ek aan die psigiatrie­se pasiënte van die Life Esidimenik­linieke in Gauteng. Weens ’n tekort aan staatsgeld is meer as 1 700 van hulle in 2016 uitgeplaas na haglike plekke onder beheer van nieregerin­gsorganisa­sies. Tot 144 1 psigiatrie­se pasiënte is dood omdat o hulle nie goeie sorg gekry h het nie. Met die hulp van die Suid-Afrikaanse ka Depressie-en-angsgroep (Sadag) (S het ek oor die tragiese gebeure be verslag gedoen en van die plekke pl besoek. Ek onthou mense wat w doelloos ronddwaal, party kaal ka en sonder enige medikasie. Nadat N die krisis oopgevlek is en ’n ondersoek gevolg het, moet die staat sta nou R1,2 miljoen aan die familie fam van elke gestorwe pasiënt betaal. be Die owerheid sal meer as R150 R1 miljoen opdok, maar dit bring bri nie lewens terug nie. Suid-Afrikaanse S staatshosp­itale gaan steeds gebuk onder ’n tekort aan beddens in psigiatrie­se sale. Volgens ramings soos dié van die WGO wag tot vyf pasiënte op ’n slag op dieselfde bed.

IN MY tyd van heling begin ek weer brei, maak armbandjie­s en kleur ’n mandala in. Dit alles help jou jou vertroue herwin dat jy ’n produktiew­e mens kan wees.

Saam met die arbeidster­apeut beraam ek en die ander pasiënte planne oor hoe om voluit te leef, soms net die oomblik te waardeer en ons emosies in toom te hou.

“Emosies is soos kinders. Jy wil nie dat hulle die kar bestuur nie, maar jy wil hulle ook nie in die kattebak toesluit nie,” was van haar raad.

Toe my psigiater en die span besluit ek is weer myself, word ek ná 12 dae ontslaan.

Die eerste twee dae is ek soos een van daardie wesens in Day of the Living Dead. Ek loop sleepvoet rond en struikel van die min oefening.

Dit voel asof mense . . . wel, na my kyk asof ek mal is. Dit laat my van balans af voel, maar ’n paar dae later, terug op kantoor, sê my kollegas ek lyk goed. Met elke drukkie van ondersteun­ing en “welkom terug” vind ek my ewewig.

Ja, ek was op die regte tyd op die regte plek. En ook nou is ek op die regte plek. Ek is nog hier. Ek het weer hoop.

 ??  ?? Die verslaggew­er Pieter van Zyl het hulp gesoek en toe hoop gevind.
Die verslaggew­er Pieter van Zyl het hulp gesoek en toe hoop gevind.
 ??  ?? BO: Ons fotograaf Misha Jordaan het Pieter onwetend dieselfde blomme gegee as waarmee sy pa ná sy geboorte die kraamsaalk­amer gevul het. REGS BO: Armbandjie­s maak was deel van sy terapie.
BO: Ons fotograaf Misha Jordaan het Pieter onwetend dieselfde blomme gegee as waarmee sy pa ná sy geboorte die kraamsaalk­amer gevul het. REGS BO: Armbandjie­s maak was deel van sy terapie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa