Huisgenoot

Krake voor Germiston-gesinsmoor­d

’n Germiston-oupa het sy drie volwasse kinders en homself doodgeskie­t. Sy vermoorde seun se verloofde vertel van die krake vooraf

- Deur JANA VAN DER MERWE

DIE Oos-Randse huis in Shrikestra­at, Germiston, lyk spookagtig. Agter die hoë swart palissadeh­eining is net twee verboueree­rde brakkies wat op die verlate werf blaf. Dis die Jack Russell, Spike, en die worshondji­e, Troy, wat op hul mense se terugkeer wag. Maar Vanecia Becker (29) vertel later sy sien nog nie kans om na die huis terug te keer nie en die honde moes intussen tydelik deur vriende aangeneem word.

Want dis by dié huis waar haar skoonpa, haar kind se oupa, in die oggendure op Dinsdag 5 Junie eers al drie sy volwasse kinders en toe homself met sy .22-pistool doodgeskie­t het. Dit was ’n afgryslike gesinsmoor­d met ’n tragiese aanloop.

Wanneer sy en vriende van die familie nou terugdink, het die krake eintlik al 20 maande gelede begin wys, die dag toe Johan Brody (64) se vrou, Lettie (54), op 7 Oktober 2016 aan hartversak­ing oorlede is.

“Lettie het mooi en na aan die Here geleef, maar toe sy oorlede is, het alles verander,” vertel ’n buurman. “Dalk was sy die pilaar waarop alles gerus het, en toe sy nie meer daar is nie, was niks meer in plek nie. Ek dink Johan het toe al ’n kwaai muur om homself begin bou.”

Nou is die ganse Brody-gesin in die graf: ma Lettie, pa Johan, hul dogters, Tanya (37) en Anna-Marie (33), en seun, David (38).

Vanecia, David se verloofde, glo die mure het eintlik ná Lettie se dood begin ineenstort.

“My skoonpa was ’n monster,” vertel die tuisblyma in die koue sitkamer van haar tante se huis in Randburg, waar sy nou woon. Hier moet sy vir haar negejarige seuntjie, Kian, probeer verduideli­k hoekom sy pa nooit weer gaan terugkom nie en dat dit sy oupa was wat hom van hulle weggevat het.

Vanecia glo dit is ’n wonderwerk sy en Kian het die moordnag oorleef. Want om die een of ander rede het Johan nooit die pistool op hulle gemik nie.

VANECIA en David was byna 12 jaar lank ’n paartjie en het agt jaar in ’n kothuis op dieselfde erf as sy familie gebly.

Johan was ’ n “mislike” mens, maar dit was ná sy vrou se dood dat hy sy dogters, en veral Anna-Marie, oftewel Ounooi soos almal haar genoem het, uiters sleg behandel het, sê Vanecia.

“Ounooitjie se hartjie was so sag. Sy was ’n liefdevoll­e mensie. Altyd gedoen vir ander wat sy kon, en al wat sy ooit in ruil daarvoor gevra het, was aanvaardin­g, ’n bietjie aandag en liefde.”

Tanya, ’n onderwysas­sistent, was “dierbaar” en “lief vir kindertjie­s”, ’n babbelbek wat altyd eerste was met die nuus.

Die susters was nie lief vir uitgaan nie en het nie kêrels gehad nie. “Ounooi het altyd gespot en gesê as sy dan nou die dag moet trou, sal sy met haar mamma trou,” vertel Vanecia.

Sy sê Ounooi was “baie erg” oor haar ma en het haar pa vir haar dood blameer. In die week voor Lettie se dood het hy nie eens vir haar in die hospitaal gaan kuier nie “omdat hy nie van hospitale hou nie”.

“Ek dink dit (hul huwelik) was ’n gemaksone vir hom. Dit was nie liefde nie. Wanneer hy haar geroep het, het hy gesê: ‘Stupid, kom hier’ of ‘Stupid, gaan jy kos maak?’ Dit was nooit ’n geval van ‘my liefie’ of selfs haar naam, Aletta of Lettie, wanneer hy haar iets vra nie.”

Op haar gelowige skoonma se begrafnis wou Johan hul kinders nie toelaat om uit die Bybel te lees nie, maar David het wel ’n vers voorgelees.

Vanecia kan nie onthou watter vers dit was nie, maar vertel haar skoonma se e Bybel was vol kleurmerki­es omdat sy al- - tyd verse gemerk het.

Ná Lettie se dood wou David na sy pa a omsien, selfs al wou Vanecia wegtrek. k. Sy het haar soms in die kothuis toe- - gesluit, want Johan het haar on- - gemaklik laat voel. “Hy sou na my staar r asof hy regdeur my kyk.”

Ounooi en Tanya moes toe inspring g met die huistake: skoonmaak, kos maak, hul pa se klere was en stryk. Hy het hulle verskree as dit volgens hom nie reg gedoen is nie.

Tanya het by Ounooi in haar kamer ingetrek om haar teen hul pa te “beskerm”, sê Vanecia. Daar, op die dubbel- elbed, is die slapende susters geskiet.

Sowat ’n maand voor die skietery het Johan sy werk as voertuigbe­stuurder verloor toe die ondernemin­g, wat onder meer weeg- en verpakking­stoerustin­g vervaardig het, gelikwidee­r is. Geld was nie die rede vir sy woede en depressie nie, sê Vanecia. Hy het ’n pensioen as oudTransne­t-werknemer gekry, en sy gesin het sy uitgawes help dek.

Maar hy het ál meer begin drink en veral op Ounooi geskel. Ounooi, wat net mansklere gedra en destyds ’n storie geskryf het oor ’n meisietjie wat kleintyd gemolestee­r is.

Toe Johan twee weke voor die skietery hande vol pille drink, het David sy vinger in sy pa se keel gedruk om hom te red.

Die aand voor die skietery was David weer bekommerd oor sy pa se gemoedstoe­stand. Iets was nie lekker nie; hy kon dit sien. “Here, hou asseblief vanaand my hand styf vas,” het Johan voor slaaptyd op Facebook geskryf.

Halftwee daardie oggend het Johan sy seun gebel waar dié in die kothuis langs Vanecia lê en slaap het. Toe David in die huis instap, het Johan in die gang met die pistool in sy hand gestaan.

Kry jou en jou verloofde en kind hier weg, het Johan vir sy seun gesê.

Toe David in die kothuis inhardloop, het hulle ’n skoot gehoor. Dit was die tweede skoot, die een wat Tanya se lewe geneem het. Ounooi was toe reeds deur ’n kussing in die voorkop geskiet. David het terug in die huis ingehardlo­op en toe skiet sy pa hom in die gang dood.

Johan het in die kothuis ingestromp­el en vir Vanecia gesê sy moet Kian vat en vlug; hy het al drie sy kinders geskiet.

“Nie David nie! Nie David nie!” het Vanecia geskree.

Terwyl die huilende klein Kian met sy pa se hondjie op sy skoot gesit het, het sy oupa uit die kothuis gestap, terug die hoofhuis in.

En daar, net buite die hoofslaapk­amer van waar hy al drie sy kinders se lyke, onderskeid­elik in die kamer en gang, kon sien, het hy homself geskiet.

VANECIA het later uitgevind met David se dood het hy die silwer hangertjie wat sy op hul eerste Kersfees saam as geskenk vir hom gegee het in sy hand gehad. David het dit nooit afgehaal nie, maar daar, in die gang, het hy dit afgehaal net voor sy pa hom geskiet het. Op David se roudiens het Vanecia blou jeans je gedra; dit was wat David wou dra op o hul beplande troudag in Junie volgende g jaar. En in die Trinity-metodistek­erk, waar die d diens net enkele kilometers van die moordhuis m gehou is, was die roomkleuri­ge kl en rooi rose wat sy so graag op haar h troudag wou hê. “Ek kon nie meer die di rooi rose vir ons troue hê nie, toe reël ek die volmaakte begrafnis.” Later skud ’n buurman in Shrikestra­at sy kop. “Party aande wanneer ek by die huis hu kom of hier wegry, is dit amper asof my m oog ’n spook by daai huis vang. In een e aand is ’n hele gesin uitgewis. ’n Mens M hoor net van hierdie goed in die movies. m Nooit dink jy dit sal op jou voorstoep gebeur nie.”

‘Wanneer hy haar geroep het, het hy gesê: “Stupid, kom hier” ’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? HOOFFOTO: Vanecia Becker en Ava Ava, haar vermoorde verloofde, David Brody, se hondjie. VAN HEEL BO: Tanya, Anna-Marie (Ounooi) en David is in ’n gesinsmoor­d deur hul pa, Johan, afgemaai voor hy homself geskiet het.
HOOFFOTO: Vanecia Becker en Ava Ava, haar vermoorde verloofde, David Brody, se hondjie. VAN HEEL BO: Tanya, Anna-Marie (Ounooi) en David is in ’n gesinsmoor­d deur hul pa, Johan, afgemaai voor hy homself geskiet het.
 ??  ?? Dié huis in Shrikestra­at, Germiston, waar die Brody-gesin gewoon het, is nou verlate.
Dié huis in Shrikestra­at, Germiston, waar die Brody-gesin gewoon het, is nou verlate.
 ??  ?? Vriende steun Vanecia (middel) op David se roudiens. Candice Thomas (regs) was van hul kinderdae af David se beste vriendin.
Vriende steun Vanecia (middel) op David se roudiens. Candice Thomas (regs) was van hul kinderdae af David se beste vriendin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa