Huisgenoot

Koningin lei Meghan lag-lag op

Die koningin het Meghan gekies om haar op ’n amptelike treinbesoe­k te vergesel – en het hulle mekaar se geselskap geniet!

- Saamgestel deur KIRSTIN BUICK

ENIGE bruid verwag seker om ná haar troue alleen ’n bietjie tyd saam met haar nuwe man deur te bring sonder om die eerste kosbare weke van die huweliksle­we met haar skoonmense te deel. Maar moenie dink die nuwe hertogin van Sussex het die geleenthei­d gehad om eers saam met haar prins romanties te verkeer in hul eerste huis, Nottingham Cottage, nie.

Ná ’n kort, geheime wittebrood saam met prins Harry is Meghan (36) met haar terugkeer dadelik die diep kant ingegooi. Die koningsges­in moes haar vinnig touwys maak. Dis maklik om te sien hoekom: Mense kan duidelik net nie genoeg van haar kry nie.

Tydens haar onlangse besoek aan die Engelse dorpie Cheshire het die lug van byna histeriese uitroepe weergalm: “Meghan! Meghan! Hertogin!” – en dít ondanks die feit dat die eregas eintlik k die belangriks­te lid van die Britse koningsges­in, koningin Elizabeth haarself, was.

Maar dalk het die 92-jarige konin- - gin nie omgegee haar splinternu­we e skoonklein­dogter steel die kollig nie e – sy is immers die een wat Meghan n gekies het om die uitstappie saam met t haar te onderneem.

Die paleis se reklamemas­jien het t blykbaar lankal ’n uitstappie vir dié é twee beplan, maar volgens die redak- kteur van die Daily Mail, Richard Kay, y,

het die koningin toe self besluit dit moet sommer nou al gebeur.

Sy wil Meghan glo self oplei en geleenthed­e in die kollig bied, want dis duidelik die pragtige voormalige aktrise swiep soos ’n vars bries deur die stywe, stowwerige koningshui­s.

“Die koningin ken die struikelbl­okke as nuwe lede nie bystand kry nie,” het Ingrid Seward, skrywer van die biografie My Husband and I oor die koningin en manlief Philip, aan die Amerikaans­e tydskrif People gesê.

“Sy kan nie van Meghan verwag om alles te weet as sy nie gewys word hoe nie.”

Die koningin het net ’n paar maande om aan Meghan se sosiale vaardighed­e te help poets, want in Oktober vertrek die hertogin saam met Harry op hul eerste koninklike toer: na Australië, Fidji, Tonga en Nieu-Seeland.

“Sy wil nie hê 70 jaar se harde werk moet verniet wees nie,” het Ingrid bygevoeg, met verwysing na die tydperk wat die koningin aan die stuur van die Britse monargie is. “Ek is seker sy voel Meghan het ’n ferm hand in hierdie eerste dae nodig.”

Volgens die koningin se voormalige perssekret­aris Charles Anson “is dit hoe die koningsges­in dit doen – dit vorm alles deel van die opleiding en om daaraan gewoond te raak om in die openbare oog te wees”.

DIE eerste kitskursus waarop Meghan gestuur is, was die treinbesoe­k aan Cheshire, sowat 320 km noordwes van Londen. En sy het die koningin sowaar sonder enige ander lede van die koninklike familie op dié reis vergesel.

Die bejaarde monarg en haar ywerige student moes ’n besige program volg en

‘Onthou, anders as Kate het sy nie ’n familie hier op wie sy kan steun nie. Die koningin wil haar graag op haar gemak stel’

onder meer die inwyding van ’n brug en ’n teater sowel as ’n formele middagete bywoon.

Hulle het soontoe gereis in die deftige koninklike trein omdat die koningin glo nie daarvan hou om vroeg op te staan en dan per motor in die pad te val nie. Dis vir haar veel gemakliker om rustig in die ruim trein uit te span.

En Meghan was waarskynli­k ingenome om die treinreisu­itnodiging van die koningin te ontvang – haar man en skoonsuste­r, Kate (36), was nog nie een so gelukkig om dié voorreg te hê nie.

Selfs prins William (36), wat ná sy pa die troon sal bestyg, was nog net een keer op die trein, berig die tydskrif Hello!

Dié eerste amptelike afspraak saam met die koningin, en sonder haar man aan haar sy, is ’ n teken van hoe baie Harry se ouma van haar hou, sê koninklike kenners.

Kate was nie so gelukkig nie en moes ’n volle jaar ná haar troue in 2011 wag voor sy alleen saam met die koningin in die openbaar kon optree. Dit was toe die kruidenier­swinkel Fortnum & Mason sy opgeknapte restaurant geopen het.

Dit gons nou natuurlik die Amerikaans­e aktrise is die koningin se witbroodji­e, maar volgens Richard is dit nie die geval nie.

“Ek verstaan die besluit is geneem omdat die hertogin van Sussex meer hulp nodig het om by die koninklike lewe aan te pas as wat die reeds afgeronde Kate Middleton nodig gehad het.”

Volgens hom het iemand in die koninklike binnekring verduideli­k: “Onthou, anders as Kate het sy nie ’n familie hier op wie sy kan steun nie.”

“Die koningin wil haar graag op haar gemak stel,” het een van haar personeel glo laat val.

Meghan het aanvanklik maar erg op haar senuwees gelyk, selfs al ken sy as aktrise die fynere kunsies van voor die skares voorgee. Sy het aan haar noupassend­e Givenchy-rok gevroetel en kort-kort aan haar hare gepeuter.

Maar namate die dag ontvou het, het sy ál gemakliker en gelukkiger begin lyk.

En kort voor lank was dit duidelik sy geniet die uitstappie gate uit – en die koningin geniet haar geselskap selfs meer.

Die twee het soos skoolmeisi­es gegiggel en die koningin het in die openbaar gelag soos sy lank laas gesien is. En dís toe Meghan weer begin blom. “Teen die tyd dat sy toegekyk het hoe die koningin twee gedenkplat­e onthul, ’n formele middagete bygewoon en ontelbare bossies blomme aanvaar het, het haar styfheid van die oggend weggesmelt en het sy begin ontspan,” sê Kay.

AS ’ N voorstande­r van die bemagtigin­g van vroue kon Meghan, ’ n uitgesprok­e feminis, nie ’n beter rolmodel as die Britte se langs regerende monarg gevra het nie.

In haar verlowings­onderhoud met die BBC het sy juis met die grootste ontsag van die koningin gepraat.

Maar eindelik is die koningin nie net vir haar ’n voorbeeld en bondgenoot nie – dis ook haar nuwe man se liefdevoll­e ouma; haar nuwe skoonouma.

“Dis ongeloofli­k om haar deur Harry se oë te sien, nie net sy respek vir haar as koningin nie, maar ook die liefde wat hy vir haar as ouma het,” het Meghan in haar onderhoud met die BBC gesê.

“Al daardie lae is vir my belangrik, so toe ek haar die eerste keer ontmoet, het ek ’n diep begrip en respek gehad vir die tyd wat ek saam met haar kon deurbring.”

Meghan het meer vryheid as haar skoonsuste­r en die skoonma wat sy nooit geken het nie. Sy sal die ruimte hê om meer van die warmte te wys wat Diana so graag as deel van haar koninklike beeld wou wys.

Die opvallende ooreenkoms­te tussen sy ma en sy vrou is moontlik wat Harry in die eerste plek na Meghan aangetrek het.

“Iets wat waarlik Harry se aandag getrek het, was hoe sy van binne is,” sê Victoria Murphy, ABC News se koninklike verslaggew­er. “Meghan is iemand wat, nes Diana, ernstig is oor die dinge waarin sy glo, wat haar deur haar hart laat lei en nie bang is om haar sê te sê nie.”

Net soos Diana verskuif Meghan grense, sê Patrick Jephson, Diana se voormalige privaat sekretaris. “Meghan het ’n ongeloofli­ke verhaal van haar eie sukses en diverse agtergrond. Al hierdie dinge sal help dat die monargie relevant bly.”

 ??  ?? Net ’n paar weke ná haar troue met prins Harry is Meghan op haar eerste alleen-uitstappie saam met koningin Elizabeth. REGS: Die koningin het ook aan Kate by- stand verleen toe sy hertogin word – dié é foto’s is in 2012 geneem.
Net ’n paar weke ná haar troue met prins Harry is Meghan op haar eerste alleen-uitstappie saam met koningin Elizabeth. REGS: Die koningin het ook aan Kate by- stand verleen toe sy hertogin word – dié é foto’s is in 2012 geneem.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die koningin en Meghan het in ’n luukse slaaptrein na Cheshire gereis. LINKS en NAASLINKS: Hoewel Meghan aanvanklik senuagtig voorgekom het, het sy ontspan namate die dag ontvou het. Sy en die monarg het selfs ’n paar grappies gedeel.
BO: Die koningin en Meghan het in ’n luukse slaaptrein na Cheshire gereis. LINKS en NAASLINKS: Hoewel Meghan aanvanklik senuagtig voorgekom het, het sy ontspan namate die dag ontvou het. Sy en die monarg het selfs ’n paar grappies gedeel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa