Huisgenoot

Diere: Noodhulp vir troeteldie­re

-

KATTE en honde doen dikwels geringe beserings op waarvan sommige tuis behandel kan word. Hier is raad oor wat om te doen en wanneer jy hulle veearts toe moet neem.

OPPERVLAKK­IGE SNYWONDE

Spoel die wond af met water, ’n ligte soutoploss­ing (sout is antibakter­ieel) of ’n ligte oplossing van Hibitane, wat by die meeste veeartse beskikbaar is. “Moenie antiseptie­se middels of enige mensemedik­asies vir jou troeteldie­r gebruik nie,” sê dr. Bronwyn Leverton, ’n Kaapse veearts. “Nievoorskr­ifmedikasi­e wat jy dink veilig is, kan dodelik vir jou troeteldie­r wees.” Dettol sowel as parasetamo­l is byvoorbeel­d albei uiters giftig vir katte.

Die meeste oppervlakk­ige wonde kan oopgelos word om te genees sonder dat ’n mens salf hoef aan te wend. “Laat jou hond of kat maar toe om hul wond te lek; dis hul natuurlike instink, en hul speeksel bevat antibakter­iese eienskappe. Hulle moet dit net nie oormatig lek nie.”

Oppervlakk­ige wonde verg gewoonlik nie ’n antibiotik­um nie. As jy twyfel, laat die veearts ondersoek instel, sê sy.

In geval van bloeding, druk drie tot vyf minute ferm op die wond. As die bloeding aanhou, gaan veearts toe vir steke. “Die kop en tone bloei as ’n reël baie, maar dit lyk dikwels erger as wat dit is.”

Beserings van geroeste spykers vereis nie ’n klem-in-die-kaak-inspuiting soos met mense nie. “Ons ent nie daarteen in nie. Honde en katte is baie meer bestand daarteen as mense.”

MOET LIEWER NIE . . .

Enige wonde aan die borskas of maag spoel nie; laat ’n veearts dit eerder ondersoek. ’n Verband of klemverban­d oor ’n wond plaas nie. “Verbande of klemverban­de wat tuis aangesit word, doen dikwels meer kwaad as goed,” sê Bronwyn. “Dit kan te styf wees of ontsteking in ’n wond hou wat liewer oop moes gebly het. Vra die veearts se raad.”

BYTWONDE

Dit kan misleidend wees, waarsku sy. “Die stukkende wond lyk dalk gering, maar ’n bakteriële infeksie kan op ’n dieper vlak posvat weens ’n ‘infeksiein­spuiting’ wat deur die ander dier se vuil tande veroorsaak word.”

Bytwonde kan ook breukbeser­ings veroorsaak. “Dit kan onsigbaar vir die eienaar wees, want daar is dalk geen stukkende vel nie, maar dit kan ernstig en pynlik wees. Raadpleeg die veearts.”

VERSTUITIN­GS/BREUKE

Daar is geen eenvoudige toets wat jy tuis kan uitvoer vir ’n verstuitin­g nie. ’n Veearts moet dit ondersoek om vas te stel of dit ’n eenvoudige verstuitin­g of dalk ernstige ligamentsk­ade is omdat dit dieselfde lyk.

Gewoonlik sal ’n dier met ’n breuk geen gewig op die aangetaste ledemaat sit nie, sê Bronwyn. “Die beste is om X-strale te laat neem om te sien of daar ’n breuk is en of dit ’n sagteweefs­elbesering is.”

 ??  ?? Jou troeteldie­re kan nie praat nie, maar veeartse word jare lank opgelei om te weet waarna hulle moet uitkyk. As ’n mens nie die koste kan bybring nie, kan welsynorga­nisasies help. Oorweeg ook ’n mediese fonds vir jou troeteldie­re.
Jou troeteldie­re kan nie praat nie, maar veeartse word jare lank opgelei om te weet waarna hulle moet uitkyk. As ’n mens nie die koste kan bybring nie, kan welsynorga­nisasies help. Oorweeg ook ’n mediese fonds vir jou troeteldie­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa