Huisgenoot

FLATERVRYE KARRINGMEL­KSKONS

-

Ons het baie resepte getoets voor ons op dié weergawe besluit het. Dié resep is flatervry. LEWER 9 SKONS BEREIDING: 15 MIN. BAK: 16 MIN. 750 ml (3 k) koekmeel 60 ml (¼ k) witsuiker 22 ml (1½ e) bakpoeier 5 ml (1 t) sout 250 ml (1 k) yskoue ongesoute botter, in blokkies gesny 1 eier 1 eiergeel 310 ml (1¼ k) karringmel­k 1 eier, geklits Voorverhit die oond tot 220 ˚C. 1 Sif die meel, suiker, bakpoeier en sout in die bak van ’n elektriese menger. Pols een of twee keer om te meng. 2 Voeg die koue botterblok­kies by die meelmengse­l en verwerk tot dit soos fyn krummels lyk. 3 Klits die eier, ekstra eiergeel en karringmel­k saam in ’n aparte bak. 4 Voeg die nat mengsel by die droë bestanddel­e en meng met die hand tot die deeg in ’n sagte bal bymekaarko­m. Moet dit nie te veel meng nie. 5 Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met k – koppie(s) e – eetlepel(s) meel bestrooi is. Maak al die stukkies bymekaar en knie ’n paar keer liggies tot dit ’n bal vorm. 6 Druk dit met jou vingerpunt­e in ’n deegvierka­nt van 18 x 18 cm met ’n dikte van sowat 3 cm en sny dit dan met ’n skerp sjefsmes in nege vierkante wat ewe groot is. 7 Plaas die skons effens uitmekaar op ’n bakplaat wat met ’n silikoonve­l of bakpapier uitgevoer is en gebruik ’n deegkwas om die bokante met die geklitste eier te verf. Laat 5 min. rus en verf dan ’n laaste keer met die eier. 8 Bak 16 min. of tot goudbruin. Pak op ’n draadrak en laat effens afkoel voor jy dit voorsit.

WENK

Dis belangrik om die droë bestanddel­e goed te sif. Dit verwyder enige klonte, belug die meel en versprei die rysmiddel egalig daardeur. As jy nie ’n elektriese menger het nie, vryf die botter met jou vingerpunt­e in. t – teelepel(s)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa