Huisgenoot

SOVEEL GEMEEN HART VIR LIEFDADIGH­EID

-

Al kom die koningin en Meghan uit verskillen­de agtergrond­e, het ’n vriendskap tydens die Cheshire-uitstappie duidelik tussen dié twee geblom.

Eintlik, meen koninklike kenners, het hulle meer gemeen as wat ’n mens sou dink. Meghan M se passie vir liefdadigh­eidswerk tel in haar ha guns. Die koningin het haar hande vol as beskermvro­u be van meer as 600 liefdadigh­eidsorgani­sasies or en dis iets wat haar al haar lewe lank lan na aan die hart lê.

Die koningsges­in gee graag krediet aan Megh ghan se begeerte om mense te help, en op die am amptelike koninklike webtuiste word groot gewa wag daarvan gemaak.

“Van ’n jong ouderdom was die hertogin van maatskapli­ke kwessies bewus en neem sy aktief ie aan liefdadigh­eidswerk deel,” staan op M Meghan se profiel op royal.gov.uk geskryf.

Dis te verstane die koningin gee ál meer die teuels oor aan die jonger lede van haar familie – wie wil op 92 nog so bedrywig wees? Meghan is die ideale kandidaat om by haar oor te neem wat filantropi­ese werk betref.

“Dit sal interessan­t wees om te sien watter organisasi­es sy kies en hoeveel. ’n Mens kan gerus ook onthou Diana het in 1996 haar betrokkenh­eid tot ses organisasi­es gesnoei,” sê die koninklike kommentato­r Richard Fitzwillia­ms.

“Ek vermoed Meghan sal, nes Diana, minder as die ander lede van die koninklike familie kies sodat sy persoonlik­er daarby betrokke kan wees.”

 ??  ?? REGS: As World Vision-ambassadeu­r het t Meghan Indië in 2017 besoek om meer te leer oor meisies se toegang tot goeie opvoeding. ONDER: In 2016 by die Laerskool Mbandazi in Rwanda.
REGS: As World Vision-ambassadeu­r het t Meghan Indië in 2017 besoek om meer te leer oor meisies se toegang tot goeie opvoeding. ONDER: In 2016 by die Laerskool Mbandazi in Rwanda.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa