Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

- (Blaai om)

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

FIEMIES

Vrou aan man: “Jy is so onvoorspel­baar. Maandag was jy gek oor vis. Dinsdag ook en selfs nog Woensdag, maar nou wil jy dit skielik nie meer eet nie. CHARLES VENTER, MOSSELBAAI

BLONDE HULP

’n Blondine se Volksie gaan op die hoofweg staan. ’n Tweede blondine, ook met ’n Volksie, hou langs haar stil. “Wat is fout?” vra sy.

Die eerste blondine antwoord: “Dit lyk asof my enjin gesteel is.”

Die tweede blondine antwoord: “Toemaar, ek het ’n ekstra enjin agterin my Volksie se kattebak.” L. SAAYMAN, SABIE

NES PA

Sannie: “Ma, ek het ’n man gekry wat nes pa is.” Ma: “Nou wat soek jy van my? Simpatie? F. H. HORNE, HARTENBOS

KLIKBEK

Verkoopsma­n: “Daardie klerk moet onmiddelli­k afgedank word. Hy het pas vir een van ons klante gesê ek is onnosel.”

Bestuurder: “Ek stem saam. Wie gee hom die reg om ons firma se geheime aan die publiek uit te blaker?” LEON KRUGER

MODEGIER

Een oggend toe haar kinders op pad skool toe is, sien ’n ma die etiket van haar tienerseun se hemp steek by sy nek uit. Toe sy hom daarop wys, vertel hy: “Dis ’n nuwe mode, ma. Ek en al my vriende dra dit nou so.”

Die ma skud haar kop oor dié onsinnige modegier. Sy kan maar net nie daaraan gewoond raak nie. “Elke keer wanneer ek die etiket sien uitsteek, wil ek dit vir jou terugvou,” sê sy ’n paar dae later vir haar seun en voeg ook sommer die daad by die woord.

“Ja,” glimlag hy tevrede, “dis wat al die meisies ook sê.” LOUISE NOETH

VALS BESKULDIG

Die landdros vra: “Ontken jy jy het die spoedgrens oorskry?” “Ja, Edelagbare.” “Kan jy dit bewys?” “Ja. Ek was op pad na die lughawe om my skoonma te gaan haal.” LITA SCHOON

SPRING-SPRING SO

Vraag: Watter soort dans voer ’n mens op ’n trampolien uit?

Antwoord: Hip-hop. L. SAAYMAN, SABIE

BUURTWAG

Piet: “Vertel jy altyd jou vrou alles wat jy gedoen het terwyl sy weg was met vakansie?”

Koos: “Nee, die bure spring my voor.” LEON KRUGER

AANGENAME KENNIS

’n Suid-Afrikaner ontmoet ’n Hollander en sê ewe vriendelik: “Ek’s Piet van Zyl.”

Die Hollander sê verlig: “Dank de hemel. Ik ben van vlees.” LITA SCHOON

HIERNAMAAL­S

Toe Marie se man sterf, is sy bekommerd of hy hemel toe is, want hy het ook maar sy swakhede gehad. Ná ’n ruk gaan sy na ’n spirituali­s en vra dié om oorlede Fred se gees op te roep. Toe hoor sy ’n stem: “Hallo, Marie. Dis Fred.” “Fred, ag, dankie tog,” sê sy verlig. “Is jy gelukkig waar jy nou is?”

“Ja, Marie, dis pragtig hier. Mooier as wat ek ooit kon droom. Die lug is skoon en vars, die uitspansel blou, die weiding welig en groen, en al wat ek die hele dag doen, is eet en slaap en eet en slaap.”

“Ai, Fred, ek is so bly jy’s in die hemel!” roep sy uit.

“Hemel? Wie’t iets van die hemel gesê? Ek’s ’n buffel in Limpopo.” LOUISE NOETH

VOLLE WAARHEID

Koos vertel: “Die meisies sê net ek is lelik tot hulle uitvind hoeveel geld ek het. Dan sê hulle ek is lelik én arm. MEATIES, MOORREESBU­RG

WYS JOU SLAG

Jan gaan vir ’n werkonderh­oud. Die bestuurder gee hom sy skootreken­aar en sê: “Ek wil hê jy moet hierdie rekenaar aan my probeer verkoop.”

Jan gryp die rekenaar, druk dit onder sy arm, loop uit die kantoor en gaan huis toe. Hy het skaars by die huis aangekom toe sy selfoon lui. “Bring dadelik my skootreken­aar terug,” beveel die bestuurder.

“R4 000 en dis joune,” antwoord Jan. HESTER, NAMIBIË

SELLE OU DING

’n Man se huis brand af en die versekeraa­rs bied aan om vir hom ’n identiese huis te bou.

Maar hy is glad nie met dié voorstel tevrede nie.

“As dit is hoe julle sake doen,” raas hy, “dan kanselleer ek dadelik die versekerin­g op my vrou.’’ JORINDA MILES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa