Huisgenoot

Wêreld, hier kom Brent!

fees Van diedi plaasl tottt internasio­naleiterna­sionale rolprentro­lprentfees

- Deur MYMYRORON MYRONWEYER­S WEYERS

BRENT VERMEULEN (17) van Durbanvill­e vertolk ’n hoofrol inn Die Stropers/p The Harvester, wat vanjaar op die gesogte Cannes-rolprentfe­esffees in Frankryky vertoon is. Die vermaaktyd­skrif Variety noem Brent “’n buitengewo­neengewone­g nuwenuwe-lingvonds” en The Hollywood Reporter sê hy was nommerpass in sy rol.

WANNEER HET DIE TONEELGOGG­A JOU GEBYT?

“Ek het van kleins af daarvan gehou om voor familie op te tree en te dans. Ek het nog altyd drama op skool geneem. Verlede jaar in gr. 10 terwyl ons gerepeteer het aan ons skool se musiekspel, Fame, het ’n rolverdeli­ngsregisse­ur na ons skool, Paarlgimna­sium, gekom op soek na seuns vir die hoofrolle in ’n nuwe fliek deur die regisseur Etienne Kallos. Die regisseur het lank landwyd geskikte nuwe talent gesoek. Ná heelwat oudisies het ek in Mei 2017 gehoor ek het die hoofrol van Janno in Die Stropers gekry.”

HOE WAS DIT BY DIE CANNESROLP­RENTFEES IN FRANKRYK?

“Dit was ’n voorreg om deel te wees van so ’n elite-filmfees. Op die rooitapyt was al die kameramens­e oorweldige­nd. Dit was ’n nuwe ervaring toe mense my op straat voorkeer en oor my rol in die fliek gesels.

“Dis natuurlik ook vreemd om jouself op die silwerdoek te sien en aan die einde van die fliek staande toegejuig te word.

“Ek’t die Amerikaans­e vervaardig­er Spike Lee tydens ’n ete ontmoet. Ek het ook met Adam Driver (Kylo Ren in Star Wars) kennisgema­ak. En die akteur Benicio del Toro het nadat ons fliek vertoon is met my kom gesels.”

WIE IS BRENT?

“Ek is stil en meer ’n introvert. Ek hou daarvan om kreatiewe dinge te doen. Ek kan baie vasberade wees wanneer ek ’n passie vir iets het. Ek is meer op my gemak wan- neer ek by my vriende is (as in groot groepe mense of in die kollig).”

WAT LEER JY UIT DIE BEDRYF?

“’n Mens moet elke dag goed voorbereid wees. Tyd is baie belangrik. Ek’t nie besef so baie mense is by die maak van ’n fliek betrokke nie. Dis harde werk!”

SAAM MET WIE WIL JY WERK?

“Ek sal saam met die plaaslike regisseur Oliver Hermanus wil werk. Internasio­naal sal dit ongeloofli­k wees om teenoor Johnny Depp, Leonardo DiCaprio en Christoph Waltz in ’n fliek te speel.”

SAAM MET WIE HET JY AL GEWERK?

“Morné Visser, Juliana Venter, Danny Keogh en Erica Wessels. Hulle is ervare akteurs wat my baie ondersteun het. Morné (my pa in n die film) het baiekeer grappies gemaak tussen ernstige e tonele, wat my gehelp het om te e ontspan.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa