Huisgenoot

Bou ’n akwarium

-

Raak kreatief en geniet ’n prettige agtermidda­g deur dié mooi vistenk te maak wat jy nooit hoef skoon te maak nie. Gebruik ’n kartonboks of papierbord­e.

BENODIGDHE­DE

’n Kartonboks of twee papierbord­e Verf met ’n waterbasis en kwasse Skêr Stywe karton (vir jou seediere) Katoen- of nylondraad PVA-gom (of ’n gomstafie) en kleefband Kunsvlytma­teriaal soos wol en afvalmater­iaal, aal, gekleurde sneespapie­r, kartelband, blinkers, pypskoonma­kers, viltpenne en krale Ogies van verskeie groottes (opsioneel) Enige voorwerpe met ’n oseaantema wat jy wil insluit, , soos plastiekse­ediere, seesand en skulpe

VOLG DIÉ MAKLIKE STAPPE

KARTONBOKS: Verwyder die flappe en verf die res van die boks in jou gunsteling­skakerings van blou.

PAPIERBORD: Knip die middel uit een bord en verf die papierbord en die uitgesnyde raam blou.

Versprei die gom eweredig langs die “seebodem” en voeg klippies, skulpe en selfs ’n skatkis by as jy een het.

Gebruik die stywe karton en knip seewiervor­ms daaruit. Verf of versier dit. Groen kartelband maak ook goeie seewiervor­ms. Plak dit aan die agterkant van jou akwarium vas.

Knip visse en ander seediervor­ms uit en versier dit soos jy wil – gee jou verbeeldin­g vrye teuels. Ogies en blinkertji­es rond die onderwater­prentjie mooi af.

KARTONBOKS: Knip verskillen­de lengtes gare of nylon, druk een punt aan die agterkant van jou diere en die ander punt aan die akwarium se “dak” vas sodat dit hang.

PAPIERBORD: Plak jou diere aan die agterste bord en dan die uitgesnyde raam bo-oor vas. Plak gare aan die akwarium se agterkant om dit op te hang as jy wil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa