Huisgenoot

Ant-Man en die Wasp maak weer draai op die silwerdoek

Aksie. Met Paul Rudd, Evangeline Lilly en Michael Douglas. Regisseur: Peyton Reed. Begin op 6 Julie.

- VERMAAK Saamgestel deur COLIN HENDRICKS

Ant-Man is terug!

Die wêreld se kleinste superheld is terug en dié keer op ’n epiese noot. Die eerste Ant-Man (2015) was ’n lokettreff­er en hoogs vermaaklik. Die jongste fliek het nie net ’n mier in nie; dit het ook ’n perdeby-superheldi­n wat hul wêreld teen die bose moet beskerm.

In die opvolgflie­k is Scott Lang, oftewel die miniatuurs­uperheld AntMan (Rudd), al twee jaar in huisarres in San Francisco ná sy manewales in Captain America: Civil War (2016). Hy sukkel om die lewe as pa en sy verantwoor­delikhede as superheld te balanseer. Dan konfrontee­r Hope van Dyne, oftewel die Wasp (Lilly), en haar pa, die kwantumfis­ikus dr. Hank Pym (Douglas), hom met ’n nuwe sending. Die twee miniatuurh­elde span kragte saam om die sending te voltooi en geheime van die verlede te ontbloot.

Die superheldi­n

Die Lost-ster Evangeline Lilly (38) speel die tweede keer die Wasp, dié keer as Ant-Man se gelyke in die eerste Marvel-fliek met ’n vroulike superheld in die titelrol. Haar superkragt­e sluit in ingeboude bio-vlerke om te vlieg en verlengbar­e kloue wat in haar handskoene ingebou is.

In die eerste Ant-Man-fliek was Hope meer sakevrou as superheldi­n terwyl sy die maatskappy bestuur het wat haar vervreemde pa gestig het. In die opvolgflie­k is sy reeds twee jaar in haar rol as toekomstig­e Avenger. “Sy is gewoond aan die pak. Dis nou deel van haar lewe,” sê Evangeline. Hulle het maande lank geskaaf aan haar superpak, wat sy die “koelste pak in die Marvel-heelal” noem. “Wanneer ek nou op die stel in daardie pak loop, voel ek soos ’n superheldi­n. Ek voel soos die Wasp en ek voel bleddie sexy.”

 ??  ??
 ??  ?? LINKS en BO: Die Wasp (Evangeline Lilly) en Ant-Man (Paul Rudd) span kragte saam teen die bose Ghost.
LINKS en BO: Die Wasp (Evangeline Lilly) en Ant-Man (Paul Rudd) span kragte saam teen die bose Ghost.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa