Huisgenoot

INDIESE HOENDERKER­RIE

-

Kerries kan droog of nat wees. Droë kerries word gekook in min vloeistof wat verdamp en die ander bestanddel­e met die speserymen­gsel bedek. Nat kerries bevat heelwat sous met ’n basis van jogurt, room, klappermel­k, tamatiepur­ee of aftreksel. Hier maak ons ’n droë kerrie. GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 25-30 MIN. 15 ml (1 e) swartpeper­korrels 15 ml (1 e) koljanders­aad 15 ml (1 e) komynsaad 30 ml (2 e) kookolie 1 groot ui, gekap 8 hoenderdye, middeldeur gesny 3 knoffelhui­sies, fyngedruk 3 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyngekap 15 ml (1 e) fyn vinkel 15 ml (1 e) brandrissi­epoeier 5 ml (1 t) fyn kaneel 30 ml (2 e) suiker 125 ml (½ k) kookwater sout VIR VOORSIT ’n hand vol koljanderb­lare, gekap paratha (Indiese aartappelp­latbrood) speseryjog­urt (250 ml (½ k) dubbelroom­jogurt k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s) gemeng met 5 ml (1 t) fyn komyn, sout en peper en suiker na smaak) 1 Rooster die swartpeper­korrels, koljander- en komynsaad sowat 3-5 min. in ’n droë, warm pan; sorg dat dit nie brand nie. Maal met ’n stamper in ’n vysel fyn. 2 Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en soteer die ui tot sag en deurskynen­d. Voeg die hoender, knoffel en gemmer by en braai nog 2 min. 3 Voeg die gestampte speserye, fyn speserye en suiker by. Giet die water by en verlaag die hitte. Geur met die sout, sit die deksel op en laat 20 min. prut tot die hoender deurgaar is – voeg nog water by indien nodig.

4 Vir voorsit Sit voor saam met die koljander, paratha en jogurt.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa