Huisgenoot

Op ons speellys – agt nuwe enkelsnitt­e en albums

Dié lys sal ’n mens se hart vinniger laat klop en jou voete laat roer, of jy nou wil skoffel of na musiek met meer diepte en betekenis wil luister

- Deur JACO HOUGH- COETZEE

HOLA IL DIVO

Hola is die eerste enkelsnit van die tenoorgroe­p se sewende album, Timeless, wat volgende maand uitgereik word. Dit is ’n Spaanse weergawe van die Britse sangdiva Adele se treffer Hello. Soos altyd beïndruk hulle met hul harmoniser­ing en verwerking van ’n tydlose treffer.

VISVANG TUNES GAAN GROOT VERSKEIE KUNSTENAAR­S

Dié album het net die regte musiek om langs die viswaters te geniet. Onder die snitte tel Hou My Vas (Rooies), Voort Voort Meneer (Jakkie Louw), Gat’ Ons Môre See Toe (Gerhard Steyn), Loopdop (Kaptein Skuim) en Beste Bra (Jan Rhaap).

VASVAT SNARE ANDRÉ VAN DEVENTER & GERHARD MEYER

Dié duo se vierde album bevat die unieke kombinasie van ’n driesnaarp­iek en ’n ritmiese kitaar. Die genres wissel ritmies van ’n seties, wals en vastrap tot ’n polka. Van die bekende wysies is So Lank As die Rietjie en Ou Kalahari. Balke toe met dié een!

BAKENLIG LEON GROPP

Bakenlig is dié bekroonde kitaarspel­er se eerste enkelsnit sedert die uitreiking van sy debuutalbu­m, Rooidag (met gedigte van NP van Wyk Louw). Dit is ’n ritmiese folkliedji­e oor die terugkeer na wat jou in die lewe anker. Dit is lekker om na te luister, maar tog ook poëties en kan daarom die hartsnare roer.

OORLOG CHANELL VAN DEN BERGH

Die nuwe enkelsnit van die aktrise en sangeres wat onder meer in die fliek Trouvoete te sien was, is ’n polsende c ou n tryp op liedjie oor’ n innerlike stryd. Dié snit sal deel uitmaak van haar debuutalbu­m. Met die nodige skaafwerk aan haar musiek kan sy dalk nog ’n bekende naam word.

DRAKENSBER­GE LIEFDE JAK DE PRIESTER

Dié liedjie is die derde enkelsnit van Jak se album 15 Jaar. In sy tipiese storie vertel sang styl sing hy oor die opwinding van die dag dat ’n mens uit die stad vlug om in die Drakensber­ge te gaan ontspan. Die snit bied heerlike De Priester-genot.

BEYOND INFINITY DAWIE DE JAGER

Hoekom die kreatiewe komponis van talle plaaslike fliektreff­ers nie groter erkenning as sanger kry nie, weet nugter. Met dié kontemporê­re enkelsnit bewys hy hoe talentvol hy is. Dawie was ’n deelnemer aan The Voice SA en ’n lid van die groepe Klopjag en Die Tuindwergi­es.

HOFNAR FRIKKIE VAN BILJON

Die sanger wat verlede jaar die bedryf betree het, beïndruk met sy vierde enkelsnit. Dit is ’n ligte popliedjie met geestelike ondertone. Frikkie ,’ n voltydse rekenaarpr­ogrammeerd­er wat ook by sang bediening by die Gereformee­rde kerk Centurion betrokke is, kan nog naam maak in die Afrikaanse musiekmark.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa