Huisgenoot

PEPPERMINT CRISP-YSTERVARKI­ES

-

Ystervarki­es en Peppermint Crisp-tert is twee ou gunsteling­e op die basaartafe­l. Hier is ’n verrassend­e kombinasie van die twee. LEWER 25 GROOT YSTERVARKI­ES BEREIDING: 30 MIN. GAARMAAK: 25-30 MIN. VERKOEL: 1 UUR KOEK 125 ml (½ k) suiker 3 eiers 10 ml (2 t) vanielje 200 g botter, gesmelt 625 ml (2½ k) koekmeel 15 ml (1 e) bakpoeier 1,25 ml (¼ t) sout 250 ml (1 k) melk 1 x 49 g-Peppermint Crisp-sjokolade, gerasper SOUS 30 ml (2 e) botter 125 ml (½ k) kookwater 500 ml (2 k) versiersui­ker 80 ml ( k) kakao 5 ml (1 t) vanielje VIR AFRONDING 250 ml (1 k) klapper 1 x 49 g-Peppermint Crisp-sjokolade, gerasper 360 g karamel Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit ’n vierkantig­e koekpan van 20 cm goed met kossproei.

1 Koek Klits die suiker, eiers en vanielje saam tot lig en donsig. Vou die botter in. 2 Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ’n ander bak. 3 Vou die meelmengse­l en melk om die beurt by die eiermengse­l in. Vou die sjokolade in en skep die beslag in die koekpan. 4 Bak die koek 25-30 min. of tot ligbruin en gaar. Laat 10 min. in die koekpan afkoel; keer op ’n draadrakki­e uit.

5 Sous Plaas al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie, roer en verhit tot goed gemeng en tot die suiker gesmelt het.

6 Vir afronding Meng die klapper en sjokolade en plaas in ’n plat bakkie. 7 Sny die koek in 25 gelyke vierkante. Sny elke vierkant in die helfte en plak op mekaar met die karamel. Doop al die kante van elke blok in die sous en rol in die klapper. Bêre in ’n lugdigte houer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa