Huisgenoot

AMASI-PANNA COTTA MET ROOIBOS-AARBEISOUS

-

Amasi word dikwels as ’n lekkerny oor stywepap geëet. Ons berei ’n stolpoedin­g van amasi en maak dit ekstra pikant met ’n rooibosgeg­eurde aarbeisous. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 5 MIN. STOL: 1-2 UUR PANNA COTTA 15 ml (1 e) gelatien 125 ml (½ k) room 30 ml (2 e) suiker 375 ml (1½ k) amasi 5 ml (1 t) vanielje AARBEISOUS 250 g aarbeie, in stukke gesny 60 ml (¼ k) suiker 1 suurlemoen se sap 4 rooibostee­sakkies

125 ml (½ k) kookwater VIR VOORSIT ’n paar vars aarbeie, gehalveer Bespuit ’n diep 25 cm-tertof blikbord met kossproei.

1 Panna cotta Bedek die gelatien met water en laat eenkant staan om te spons. 2 Plaas die room en suiker saam in ’n kastrol en verhit tot net onder kookpunt. Roer aanhoudend. 3 Verwyder van die hitte en voeg die gesponsde gela-

tien by. Roer tot opgelos. 4 Voeg die amasi en vanielje by en roer vinnig. Skep in die bereide bord en verkoel 1-2 uur of tot gestol.

5 Aarbeisous Verhit al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie en roer tot die suiker opgelos het. Laat 10-15 min. stadig kook of tot die aarbeie sag is. 6 Haal die teesakkies uit en pols fyn met ’n staafmenge­r. Hou eenkant om af te koel.

7 Vir voorsit Skep die sous oor die panna cotta en sit voor saam met vars aarbeie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa