Huisgenoot

MARIANNE SE MIELIEBROO­D

-

Marianne, my vriendin wat nooit ’n woord praat nie, hou van enigiets wat met mielies gemaak word, en dié heerlike mieliebroo­d is die heel beste. Sy voeg haar eie spesiale kinkel by, en ek moet bieg: Dit is heerlik. Ek hou daarvan om dit warm te eet met ’n bietjie gesmelte botter daarby. Dis njam! LEWER 1 BROOD BEREIDING: 15 MIN. BAK: 35 MIN.

MAKLIK VEGETARIES KINDERVRIE­NDELIK

125 ml (½ k) mieliemeel 375 ml (1½ k) meel 30 ml (2 e) suiker 5 ml (1 t) borrie 15 ml (1 e) bakpoeier 2,5 ml (½ t) sout 45 ml (3 e) botter, gesmelt 2 eiers, geklits 250 ml (1 k) groente- of sonneblomo­lie 310 ml (1¼ k) melk 400 g romerige soetmielie­s 3 stingeluie, fyngekap Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n broodpan. 1 Meng die mieliemeel, meel, suiker, borrie, bakpoeier en sout in ’n bak. 2 Meng die botter, eiers, olie, melk, soetmielie­s en stingeluie in ’n aparte bak. 3 Meng die twee en skep in die gesmeerde pan. 4 Bak 35 min.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa