Huisgenoot

AARTAPPEL-EN-SPEKROSE

-

Dié klein bros aartappelh­appies lyk vreeslik indrukwekk­end, maar jy sal nie glo hoe maklik dit is om te maak nie. GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. BAK: 60 MIN.

MAKLIK GLUTENVRY

4 middelslag-aartappels 30 ml (2 e) olyfolie 1 takkie roosmaryn, fyngekap sout en peper 12 repe spek 1 takkie tiemie, van stokkie gestroop en fyngekap gerasperde parmesaan vir voorsit Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n muffinpan met ses holtes. Sny die aartappels met ’n mandolienk­apper in dun skyfies in ’n groot bak. Meng met die olyfolie, roosmaryn en volop sout en peper. Plaas 2 repies spek effens oor mekaar vertikaal op ’n skoon plank. Plaas lae gesnyde aartappels oor die spek. Maak seker die rande van die aartappels is gelyk met die rand van die spek aan die een kant sodat jy ’n plat onderkant het wanneer jy dit oprol. Rol dit op soos ’n rosie en plaas in die muffinpan. Dit behoort lekker te pas, maar indien nie, kan jy dit met ’n happiestok­kie vassteek, of plaas nog ’n laag aartappel in. Trek die aartappels­kyfie versigtig uit sodat dit soos ’n roos lyk. Doen dieselfde met die res van die spek en aartappels. Bak sowat 20 min. Bedek met foelie en bak nog 30 min. Haal die foelie af en sprinkel die tiemie en parmesaan oor; bak nog 10 min.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa