Huisgenoot

POUTINE

-

Poutine is Kanadese slaptjips met sous en kaas, en dis heerlik. Hier is my weergawe. GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 40 MIN.

VEGETARIES

TJIPS 2 groot soetpatats 20 ml (4 t) mielieblom sonneblomo­lie sout en peper SOUS 15 ml (1 e) olyfolie 15 ml (1 e) botter 250 g knopiesamp­ioene, opgesny 1 ui, gekap 1 klein bossie tiemie 10 salieblare sout en peper 250 ml (1 k) droë witwyn 500 ml (2 k) groenteaft­reksel 15 ml (1 e) worcesters­ous 30 ml (2 e) meel 15 ml (1 e) koue botter 250 ml (1 k) mozzarella ekstra salieblare Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Tjips Sny die patats in skywe van 5 mm dik en dan in repe van 5 mm. Plaas in ’n bak koue water. Droog goed af met ’n skoon vadoek. Plaas die tjips in ’n groot plastieksa­k saam met die mielieblom. Maak dit dig toe en skud. Plaas in ’n bak en giet ’n bietjie sonneblomo­lie, sout en peper by. Giet nog sonneblomo­lie in ’n oondpan en plaas vir ’n paar minute in die oond. Plaas die tjips in ’n enkellaag met ’n bietjie speelruimt­e in die pan (jy sal dalk twee panne moet gebruik of dit twee keer moet doen). Bak 30 min. in die warm oond en draai halfpad om. Bak tot oral bros.

Sous Verhit ’n pan oor matige hitte en voeg die olyfolie en botter by. Sodra dit warm is, kan jy die sampioene byvoeg saam met die ui, tiemie, salie en sout en peper. Voeg die wyn by en kook tot die helfte van die vloeistof weggekook het. Voeg die aftreksel en worcesters­ous by en laat kook. Stel die temperatuu­r laer en laat sowat 10 min. prut. Meng die meel met 60 ml (¼ k) warm water in ’n klein bakkie. Klits die meelmengse­l in die sous in en laat prut nog 5 min. Klits die koue botter in vir ’n pragtige glans. Plaas die patattjips in ’n bak. Sny die mozzarella in blokkies en werk deur. Giet die sous oor. Sit voor saam met bros salieblare.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa