Huisgenoot

HOE LEER JY JOU KINDERS OM DEURDAGTE BESLUITE TE MAAK? K?

Die kliniese sielkundig­e Sasja van der Merwe sê ouers kan hul kinders al van kleins af leer om weldeurdag­te lewensbesl­uite te neem.

- M er

STEL ’N VOORBEELD

Kinders doen nie wat jy vir hulle sê nie; hulle doen wat jy doen. Maak self verantwoor­delike keuses.

’n Ma wat byvoorbeel­d bly by ’n man wat haar emosioneel aftakel of selfs fisiek mishandel, moenie verwag haar dogter gaan eendag beter keuses maak nie.

GEE JOU KINDERS KANS OM TE KIES

Gee jou kinders van jongs af die geleenthei­d om keuses te maak wat gepas vir hul ouderdom is. Kyk saam met hulle na die opsies en ondersoek die gevolge.

Vir ’n tweejarige kind kan jy byvoorbeel­d vra of hy mielies of ertjies wil eet. As hy mielies gekies het en dan ertjies wil hê, kan hy dit nie kry nie.

Ouers wil hul kinders te veel beskerm, maar ’n kind moet leer om verantwoor­delikheid vir ’n keuse te aanvaar. So leer hulle keuses hou gevolge in.

BOU VAN JONGS AF ’N BAND MET JOU KIND

Jou kind moet van jongs af weet dat jy ondanks die uitkoms van hul verkeerde besluite daar is wanneer hulle die gevolge dra. Dié vertrouens­band wat jy van kleins af bou, is jou toegangspu­nt wanneer hulle as volwassene­s keuses maak. As jou kind dan ’n besluit wil neem waarmee jy nie saamstem nie, kan jy jou kommer eerlik opper en hulle steun.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa