Huisgenoot

DVD

-

MY BLIND BROTHER

Komediedra­ma. Bill (Nick Kroll) leef in die skadu van sy blinde broer, Robbie (Adam Scott), ’n plaaslike held en verteenwoo­rdiger vir siggestrem­des. Die spanning loop hoog toe hulle op dieselfde vrou (Jenny Slate) verlief raak.

Dié fliek word gedra deur akteurs wat selde ’n kans kry om hoofrolle te vertolk. My Blind Brother se sterk punt is ’n verhaal wat natuurlik vloei en nie op ’n knal of fluisterin­g staatmaak nie. Tonele voel nie oorbeplan nie en wek die indruk dat die gehoor bloot ’n kykie in regte mense se lewe kry. Die storie het diepte, keer stereotipe­s oor gestremdhe­id op hul kop en laat jou soms lag. – FRANCO HAVENGA 2016. 82 MIN. 16DTVS.

 ??  ?? Van links is Jenny Slate, Adam Scott en Nick Kroll in My Blind Brother.
Van links is Jenny Slate, Adam Scott en Nick Kroll in My Blind Brother.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa