Huisgenoot

DIE LUCKY STRIKE

- F : e er, jJ h

Deur STEVE HOFMEYR (Zebra a Press, R165*)

Min mense kan n Steve Hofmeyr die e grafiese beskrywing van grutonele nadoen. Hy oortref homself dié slag: Sy terugkeren­de karakter, die Sluiper, raak diep in die Kongo van maj. Jonathan Matabo ontslae deur hom in ’n tenk vol van sy manskappe se riool te laat versmoor.

Wat die Sluiper so aantreklik maak – en nie mooi nie, want die man is nou gehawend gebrand ná sy vorige avonture – is sy vermoë om die dood te flous. Hy het meer oorlewings­truuks in sy koker as James Bond, maar hy sit selfs vir James ore aan, want waar laasgenoem­de op Q se slim tegnofoefi­es kan staatmaak, oorleef die Sluiper deur sy flinke en slinkse brein.

In Die Lucky Strike is hy moeg vir sy lewe as huurmoorde­naar en gereed om in vrede te lewe. Maar daar is steeds sy bose neef, maj. Darius Keiser, en Tes, sy geliefde eks. En dan kom ’n blinde vrou oor sy pad: “Ek het vir die eerste keer in twee jaar weer soos ’n mens gevoel: ’n biologie in ekstase. ’n Man. Ek was soveel minder as die fyn geprogramm­eerde moordenaar wat ek gedink het ek was.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa