Huisgenoot

BIG FALCON ROCKET

-

Het jy al ooit gewonder hoe dit sal voel om ’n ruimtevaar­der te wees wat op ’n vuurpyl die ruimte inskiet? Die idee dat ons nog in ons leeftyd op dié manier sal reis, is dalk nie so vergesog nie.

Nog een van Elon Musk se idees is die sogenaamde BFR of Big Falcon Rocket, wat vuurpyle gebruik om passasiers in ’n kort tydsduur groot afstande te vervoer.

Die BFR sal teen sowat 27 000 km/h kan beweeg, wat beteken jy kan binne ’n halfuur halfpad om die aarde vlieg. Nes ander vuurpyle wat die hemelruim inskiet, sal die BFR die aarde se atmosfeer verlaat en ver bo die planeet vlieg voor dit weer die atmosfeer binnekom om te land.

Dit is deel van die tegnologie waarmee Musk hoop om teen 2024 ruimtevaar­ders na Mars te stuur. Ongeloofli­k!

 ??  ?? Met die Big Falcon Rocket sal mense in minder as 30 minute halfpad om die wêreld kan reis.
Met die Big Falcon Rocket sal mense in minder as 30 minute halfpad om die wêreld kan reis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa